Die Queens is die Afrika-kampioen!
Namibië se senior vrouehokkiespan, die Namdia Namib Queens, is die Afrika-kampioen nadat hulle Zambië gister in Ismailia, Egipte, in die eindstryd met twee doele teen een by die Internasionale Hokkie-federasie se Africa Hockey5s World Cup Qualifier geklop het.
Die Queens het die eerste helfte 1-0 met ‘n doel deur Jivanka Kruger in die sewende minuut afgesluit. Kaela Schimming (13de minuut) het Namibië se voorsprong tot 2-0 in die tweede helfte gerek. Zambië het egter nie gaan lê nie en verbete geveg om die agterstand uit te wis.
Martha Kalomo troef Petro Stoffberg (doelwagter) met minder as vier minute oor om die telling 2-1 te maak. Maar die stophorlosie en Namibië se puik verdediging pootjie die moedige Zambiërs wat met die silwermedalje tevrede moet wees.
Namibië, Zambië en Suid-Afrika het gekwalifiseer om saam met 13 ander lande aan die 2024 5’s-hokkiewêreldbeker in Muskat, Marokko, deel te neem.
Die Queens het altesaam vyf wedstryde gespeel waarvan vier groepwedstryde was. Hulle het Dinsdag net een teen Kenia met 4-2 verloor. Namibië se 16 doele is deur Jivanka Kruger (3), Jahntwa Kruger (1), Kaela Schimming (1), Danja Meyer (2), Anthea Coetzee (1), Armin van Staden (1), Taramarie Myburgh (4) en Charlize Rix (3) geslaan.
Suid-Afrika het Egipte met sewe doele teen nul vir die bronsmedalje geklop.
Die Namibiese span is Jahntwa Kruger, Kaela Schimming, Jivanka Kruger, Armin van Staden, Charlize Rix, Taramarie Myburgh, Anthea Coetzee, Danja Meyer, Petro Stoffberg, Berencia Diamond en Erwin Handura (afrigter).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie