Dié span teen hoër gerekende Uruguay

Rugby
Andrew Poolman
’n Toetsdebuut vir die Leeus se losskakel Tiaan Swanepoel, asook moontlik vir die plaasvervangers Gihard Visagie (haker van Nantes in Frankryk) en Haitembu Shikufa (stut van die Luiperds) geskied Saterdag teen Uruguay in Montevideo.

Afrigter Allister Coetzee het ook veral van die bank af rotasie toegepas om meer van sy groot spelersgroep op die toer bloot te stel, afgesien van die uitskakeling weens beserings van skrumsmakel Helarius Kisting (gebreekte arm) en haker Torsten van Jaarsveld (geswelde oog). Laasgenoemde het drie drieë in laas naweek se internasionale wedstryd (sonder toetsstatus) teen Argentinië-A gedruk.

Damian Stevens se bevordering na die 9-trui is die enigste verandering aan die agterlyn wat laas Saterdag begin het.

Richard Hardwick neem as agtsteman by Adriaan Booysen oor en Louis van der Westhuizen skuif op haker in.

Ruan Ludick, Pieter-Jan van Lill, Jacques Theron en André van der Berg is as plaasvervangers bygevoeg in die plek van onderskeidelik Tiaan de Klerk, Max Katjijeko, Stevens en Chad Plato.

Saterdag se afskop in Montevideo is om 18:00 (Namibiese tyd 23:00).

Namibië se span: 15 Divan Rossouw, 14 Gerswin Mouton, 13 Johan Deysel (kaptein), 12 Danco Burger, 11 JC Greyling, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Helarius Kisting, 8 Richard Hardwick, 7 Johan Retief, 6 Wian Conradie, 5 Tjiuee Uanivi, 4 Adriaan Ludick, 3 Casper Viviers, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Desiderius Sethie.

Reserwes: Gihard Visagie, Jason Benade, Haitembu Shikufa, Ruan Ludick, Pieter-Jan van Lill, Prince !Gaoseb, Jacques Theron, André van der Berg.

Uruguay (17de) en Namibië (21ste) se posisies op die wêreldranglys is vandeesweek onveranderd. Die gasheerspan het Saterdag met 26-25 teen Chili (22ste) gewen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!