Die Tara-kat se naels wag...
Tydrenne
Die inkrimping tot net 14 deelnemende spanne getuig van die huidige drukkende ekonomiese klimaat.
Die Tara-kat kom weer, want dié kon nie langer wag; die Tara-kat is hier ná twee jaar se gewag!
Die Windhoek-motorklub (WMC) se Tara-tydren, ondersteun deur Quartz Engine Oil, sal vanoggend net na nege by die Tony Rust-renbaan met 14 spanne vir die eerste van 20 supersneledele (SS) oor 179 kilometer en twee dae se klipharde mededinging wegspring.
Net voordat die son vandag teen 18:15 sy kop agter die berge van die Khomas Hochland gaan wegsteek, begin die eerste vyf nagtelike sneldele vir die spanne.
Vandag word 13 sneldele (totaal 127 km) getakel en môre sewe (52 km). Van Tony Rust af beweeg die spanne vanaf Windhoek noord na Döbra by Okapuka vir die tweede sneldeel en dan kom Wilhelmstal aan die beurt waar vier sneldele afgehandel sal word. By Okapuka (SS8) word met die terugkomslag aangedoen.
Vanaand kan tydrenondersteuners by Tony Rust van 19:00 tot halfelf vir topaksie kuier. Die dag word met twee spesiale supersneldele (SSS) aangebied waar twee spanne teen mekaar by dié baan jaag. Die gewilde trajek by die Hage Geingob-stadion in Olympia sal vanaand die kersie op die koek wees (sien die program vir tye).
Saterdag begin brul die enjins nege-uur vir die eerste sneldeel (SS14) by die renbaan en dan jaag die spanne tussen Academia en die Eros-lughawe voor hulle by Aris en die steengroef langs die treinspoor vier sneldele afhandel.
Terug by die renbaan kom die laaste entjie oor 3.36 km aan die beurt. Die prysuitdeling sal dadelik ná die tydren plaasvind.
WIE IS WIE?
Allan Martin en sy navigator Maretha Olivier, die algehele 2019 Tara-kampioene, is in die S4-klas.
Wilro Dippenaar het met die laaste byeenkoms in November 2019 ratkasprobleme ondervind en kon Martin nie uitdaag nie. Dippenaar moes toe ná die tweede sneldeel boedel oorgee.
Dippenaar het Martin onlangs met die Omaruru-tydren die knie laat buig. Richard Slamet is ’n buiteperd. Met die Tara-kat se geniepsige naels (ofte wel die ongeluksvoël) wat om elke bos en draai wag, kan enige van die drie bulle die kompetisie wen.
Pieter Greef (Meneer Bestendig) was in 2019 met Mohatu algeheel tweede en die S1-klaswenner. Hy kan in dié klas stywe teenstand van Pierre Röhm en Steven Marnevick verwag.
In die S2-klas is drie spanne wat mekaar gaan opdreun. Wido Bartsch het vir Naartjie (Jan Everson se VW Polo) as sy wapen van keuse aangeskaf. Rolf Pretorius en Kai Pretorius (pa en seun) was in 2019 ’n span, maar die naweek ry die manne afsonderlik en sal mekaar nie ruimte gun nie.
In die veldafdeling (CR1 en CR2) is Jandré Dippenaar die gunsteling, met Dirk Redman (beide CR2) sy enigste kompetisie. In die CR1-klas kan enige van die drie spanne wen. Willie Schoeman het Aprilmaand in Omaruru sy stofwolk vir die kragtige V8 Nissan van Ewald Bisschoff gewys.
DIE SPANNE (14)
S4-klas: 1 Allan Martin/Maretha Olivier (J&P Hydraulics 4x4 Skoda 1.6T), 2 Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (PZN Panel Beaters 4x4 Ford Fiesta S2000), 3 Richard Slamet/Cecil Koorts (RS Freight Services 4x4 Subaru STi).
S2-klas: 1 Kai Pretorius/Dian van der Merwe (Rapid Auto Body Repairs 2x4-MR2 Toyota 2L 16V), 2 Rolf Pretorius/Katja Pretorius (2x4 VW Polo Classic 2L 8V), 3 Wido Bartsch/Raymond Fourie (Safewear Namibia 2x4-VW Polo 2L 8V).
S1-klas: 1 Pieter Greeff/JP Robinson (sealconsultingengineers 2x4 Toyota Corolla 1.6L), 2 Pierre Röhm/Berto Mostert (Gunite Pools 2x4 VW Polo 1.6L), 3 Steven Marnevick/Jodine van Zyl (Hendeca Machinery 2x4 Mitsubishi Lancer 1.6L).
Veldklas CR1 (2x4): 1 Willie Schoeman/SJ Schoeman (Steckel’s Toyota Hilux), 2 Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (4L V8 Nissan Harbody), 3 Werner Bartsch/Christel Fourie (Sky-way Fuel 3L V6 Ford Courier).
Veldklas CR2 (4x4): 1 Jandré Dippenaar/Giellie Visser (PZN Panel Beaters V8 Ford Ranger), 2 Dirk Redman/Flippie Liebenberg (Toyota Hilux 2.7L).
VANDAG SE PROGRAM
09:05 (SS1, 5.68 km) Tony Rust.
09:58 (SS2, 8.24 km) Okapuka 1.
12:31 (SS3, 8.05 km) Khanrivier 1 (by Wilhelmstal noord langs teerpad).
12:47 (SS4, 10.41 km) Wilhelmstal 1 (suid langs teerpad).
14:03 (SS5, 8.05 km) Khanrivier 2.
14:09 (SS6, 10.41 km) Wilhelmstal 2.
15:27 (SS7, 43.76 km) Okazize na Okahandja (noord langs teerpad).
17:45 (SS8, 8.24 km) Okapuka 2.
19:03 (SS9, 5.76 km) Tony Rust 2.
19:56 (SS10, 7.80 km) Eros-lughawe 1.
20:40 (SS11, 2.43 km) Hage Geingob-stadion.
21:33 (SS12, 4.17 km) Tony Rust SSS1.
22:11 (SS13, 4. 17 km) Tony Rust SSS2.
MÔRE SE PROGRAM
09:08 (SS14, 5.68 km) Tony Rust 3.
09:57 (SS15, 7.8 km) Eros-lughawe 2.
11:00 (SS16, 13.98 km) Aris 1.
11:15 (SS17, 3.41 km) Steengroef 1.
11:56 (SS18, 13.98 km) Aris 2.
12:15 (SS19, 3.41 km) Steengroef 2.
13:33 (SS20, 3.6 km) Tony Rust 4.
Prysuitdeling by renbaan.
• Die 2022 WMC Tara-tydren word ook deur Autovermietung Savanna CC (Savanna Carhire), City Clutch & Brake (CCB), Crisis Emergency and Response Services (Percy Openshaw), J&P Hydraulics CC (Allan Martin), RS Freight Services (Richard Slamet), Super Tyres en 360 Ice ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie