Die woord ‘kant’ namens Bongi geborg

WAT se Borg ’n Woord-projek
Dié humoristiese gebaar volg na 'n Springbok-speler daarvan beskuldig is dat hy tydens verlede naweek se halfeindtryd rassistiese opmerkings teenoor 'n Engelse speler gemaak het.
Kristien Kruger
Ná verlede naweek se Wêreldbeker (WB)-halfeindstryd in Parys en die Springbok-haker Bongi Mbonambi wat in omstredenheid gedompel is weens ’n beweerde uitlating wat hy tydens die wedstryd glo teenoor die Engelse flank Tom Curry gemaak het, is die Afrikaanse woord “kant” namens Mbonambi vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) geborg.

Die sertifikaat vir die borgskap wat deur die WAT uitgereik is, is vandeesweek in die sosiale media versprei met die WAT se hoofredakteur, Phillip Louw, wat dit ook gedeel het met die plasing: “Die WAT staan ook vierKANTig agter die Bokke die komende naweek.”

Twee Suid-Afrikaners wat in Nieu-Seeland woon, Esthe Pretorius en Michelle Burger, het die woord geborg.

Die WAT se Borg ’n Woord-projek – wat reeds in 2010 van stapel gestuur is – laat die publiek toe om woorde teen ’n bedrag te borg. Woorde kan ook gekoop word en gekoopte woorde kan nie weer gekoop of geborg word nie.

Wêreldrugby het ’n amptelike ondersoek van stapel gestuur nadat Curry aan die skeidsregter, Ben O’Keeffe, gesê het dat Mbonambi ’n rassistiese uitlating teenoor hom tydens die wedstryd gemaak het. Curry het aangevoer Mbonambi het hom ’n “white c**t” genoem.

Mbonambi sal wel in die naweek se eindstryd teen Nieu-Seeland speel, wat beslis goeie nuus vir die Springbokke is aangesien hy die span se enigste spesialishaker is nadat Malcolm Marx beseer is.

Hoewel Mbonambi toegelaat word om in die eindstryd te speel, sal die ondersoek na die beweerde rassistiese opmerking voortduur en kan hy steeds dissiplinêr verhoor en moontlik geskors word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!