Dippenaars seëvier opnuut
Tydrenne
Wilro Dippenaar en sy navigator Carolyn Swan het Saterdag vir Allan Martin en Mandi Hugo (navigator) met 55 sekondes geklop om die tweede Omaruru Shell V-Power-tydren te wen.
Martin was tweede met sy J&B Hydraulics 4x4-Skoda R5, terwyl Steven Marnevick en Jodine van Zyl derde in sy Hendeca Machinery 4x2-Mitsubishi Lancer klaargemaak het.
Dippenaar en Swan het ook verlede jaar die titel met sy 4x4 Shell V-Power Ford Fiesta (Team PZN Panelbeaters) gewen toe die kompetisie vir die eerste keer in Omaruru gehou was.
In die veldrenklas het Jandré Dippenaar en sy navigator Gielie Visser ook hul sukses van verlede jaar met sy brullende V8 PZN Hemco Paints V8 Ford Ranger-4x4 herhaal.
Jandré het elk van die sewe sneldele gewen om Dirk Redman en Flippie Liebenberg vir die eerste posisie te klop. Redman was tweede in sy 2.7-liter Sound Garden 4x4-Toyota Hilux, met Willie Schoemann en SJ Schoemann derde in sy 2.8-liter Steckel’s Toyota Hilux 4x2.
Wilro Dippenaar het aan Republikein gesê: “Dit was ’n taai tydren. Ons het probleme met die koppelaar gehad; in ’n stadium het die enjin nie op al die silinders geloop nie en ons het ook ’n pap band gekry. Beslis nie my beste tydren nie.
“Tussen al die probleme deur het ons besluit om net die kompetisie te voltooi, maar met alles in ag geneem kon ons nogtans ’n goeie pas handhaaf. In die laaste sneldeel het ek 13 sekondes ingehaal, want in die vorige sneldeel het ons 21 sekondes teen Allan verloor.
“Die Tara-tydren is die volgende groot byeenkoms en daar is baie voorbereiding wat met die kar en diensspan getref moet word. Carolyn sal weer my navigator wees vir die Tara wat opnuut oor drie dae aangebied sal word.”
Dippenaar het vier van die sewe sneldele (SS3, SS4, SS5 en SS7) ingepalm en Martin drie (SS1, SS2, SS6).
Dippenaar se onderskeie tye: SS1 5 minute 21 sekondes, SS2 12:34, SS3 09:54, SS4 04:42, SS5 11:58, SS6 10:42, SS7 05:47.
Martin se tye: SS1 04:50, SS2 12:18, SS3 10:17, SS4 05:33, SS5 12:34, SS6 10:21, SS7 06:00.
Die tydren met sewe spesiale sneltrajekte was net meer as 100 kilometer lank, maar kliphard en het met verskeie meganiese en elektroniese probleme sy tol op die voertuie geëis.
In die tydrenklas kon Pierre Röhm en sy navigator Berto Mostert nie vir die derde sneldeel aanmeld nie, toe sy Gunite Pools 4x2-VW Polo se rekenaar geweier het om met die enjin te kommunikeer.
Dewet du Plessis en navigator Willem Hugo het ná die vyfde sneldeel ook uitgeval toe sy 3-liter Gecko Accesories 4x2 BMW probleme ontwikkel het.
In die veldrenklas het Werner Bartsch en Christell Fourie in sy 3-liter Sky-way Racing 4x2 Ford Courier, asook Attie de Jager en Frikkie Engelbrecht (4x4 Toyota Land Cruiser) meganiese nukke opgedoen.
Die voorste uitslae:
TYDRENKLAS (S1 tot S4): 1 Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (S4 Shell V-Power 4x4 Ford Fiesta) 1 uur 1 minuut 8 sekondes, 2 Allan Martin/Mandi Hugo (S4 J&B Hydraulics 4x4 Skoda R5) 1:02:03, 3 Steven Marnevick/Jodine van Zyl (S1 Hendeca Macinery 4x2 Mitsubishi Lancer 1.6 liter) 1:15:31.
VELDRENKLAS (CR1 tot 4): 1 Jandré Dippenaar/Gielie Visser (V8 PZN/Hemco Paints 4x4-Ford Ranger) 1:04:30, 2 Dirk Redman/Flippie Liebenberg (2.7-liter Sound Garden 4x4 Toyota Hilux) 1:11:33, 3 Willie Schoemann /SJ Schoeman (2.8 liter 4x2 Steckel’s Toyota Hilux) 1:19:49.
CR2-klas: 1 Jandré Dippenaar, 2 Dirk Redman.
CR1-klas: 1 Willie Schoeman, 2 Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (V8 Nissan NP300 4x2) 1:20:34, 3 Wido Bartsch/Raymond Fourie (V6 Safewear Namibia 4x2 Ford Courier) 1:22:16.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie