Dis Drikus teen die Munga
Bergfietsry
Drikus Coetzee begin môremiddag vanaf twaalfuur op sy Trek Supercaliber in die Tankwa Karoo in die Wes-Kaap die moordende Munga Grit Tankwa-bergfietsuitdaging oor 500 kilometer met ’n totale vertikale klimhoogte van 5 000 meter aandurf.
Dis die eerste keer dat die 28-jarige Namibiër aan die kompetisie deelneem om sy welbekende uithouvermoë, of eerder sy aptyt om fisieke straf te verduur, op die proef te stel.
Die ryers spring by die Kaleo-gasteplaas 40 km buite Ceres weg en het 50 uur om die sirkelroete tot by Ceres te voltooi.
Coetzee het aan Republikein gesê: “Ek sien uit om my uithouvermoë te toets, want dit was nog altyd my sterk punt.
“Die uitdaging deur die nag waar jy self met ’n GPS jou weg moet vind, behoort ’n taai gedeelte te wees.
“As ek enige onverwagse teëspoed kan vryspring, glo ek dat ek ’n kans staan om die podium te haal. Maar ek respekteer die afstand en veral die ultra-afstandryers, want dis totaal ’n ander tipe resies as ’n padresies wat gewoonlik om en by 100 kilometer is.
“Ek is nuut in die ding en het nie ’n idee hoe om die unieke toer te benader nie. Ek sal kyk hoe my liggaam op die straf reageer en sal met verloop van die toer daarvolgens beplan.”
Waterpunte word elke 70 tot 100 km beman deur die plaaslike boere deur wie se grond die byeenkoms se roete strek. Twee ryersdorpies sal ook opgerig wees vir die moeë ryers op die langpad.
In laas Desember se Nedbank Desert Dash (393 km) het Coetzee ondanks ’n pap wiel in die algehele vyfde plek klaargemaak (15 ure 31 minute), as die tweede Namibiese soloryer ná die algehele wenner Tristan de Lange.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie