Div reis nie saam met SA span na WB-sewes vir dowes
Rugby
Peter de Villiers, die direkteur van Suid-Afrika se rugbyvereniging vir dowe spelers, sal weens ’n tekort aan fondse nie saam met die span na Cordoba, Argentinië, vir die Wêreldbeker-sewestoernooi reis nie.
De Villiers het dit egter in ’n verklaring duidelik gestel hy het vole vertroue in Marlize van der Merwe, die span se hoofafrigter.
Die groep van 12 spelers sal begin April in Gauteng saam met Van der Merwe voorberei vir die toernooi, wat van 5 tot 9 April beslis word.
“Dit was regtig opwindend om te sien hoe Marlize as ’n afrigter groei vandat ons byna ’n jaar gelede begin saamwerk het,” sê De Villiers.
“As ’n afrigter het sy die nodige vaardighede om die span te lei en een van die eerste vroueafrigters te word wat ’n groep mans na ’n Wêreldbeker-toernooi lei.
“Die geleentheid vir ’n dowe rugbyspeler om na Argentinië te reis en sy drome te verwesenlik, is baie groter as ek.”
Volgens De Villiers is hy “net ’n oproep ver” as Van der Merwe hom sou nodig kry.
• Die SA span is: Rodwin Beyers, Admar Claassen, Marnus Dercksen, André du Toit, Gerard Kroese, Johan Liebenberg, Sam Mothapo, Patrick Molotshwa, Boitshepo Motlhala, Nkhumbuleni Nkhumeleni, Leon Willemans, Tashriq Parker.
Nie-reisende plaasvervangers: Mark Barnard, Shani de Jager, Michael Els, Lucien Farmer, Riyaldean Griffies, Adin Pieters.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie