Djokovic se pa in ‘lank lewe die Russe’-herrie
Tennis
Srdjan Djokovic, pa van die tennisheld Novak Djokovic, is Woensdagaand op die Australiese Ope verfilm terwyl hy saam met toeskouers met verbode Russiese vlae in Serwies “lank lewe die Russe” uitbasuin.
Die video is geneem kort nadat Djokovic se seun, ’n wenner van nege titels in Melbourne, vir Andrey Rublev van Rusland geklop het om tot die halfeindronde van die Grand Slam-toernooi deur te dring.
Djokovic verskyn saam met toeskouers met Russiese vlae terwyl hulle boodskappe ter ondersteuning van pres. Wladimir Poetin uitbasuin.
Die Australiese Ope het reeds aan die begin van die toernooi die vertoon van die landsvlae van Rusland en Belarus verbied, asook enige ander kledingstukke of artikel wat die wapen van bogenoemde lande vertoon.
• Vier toeskouers wat “onvanpaste vlae en simbole” op Melbourne Park vertoon het in Novak Djokovic en Rublev se kwarteindstryd word deur die Victoria-polisie ondervra.
Tennis Australië (TA) het nie besonderhede verskaf nie, maar ’n video op sosiale media wys ’n toeskouer op die trappe van die Rod Laver-arena terwyl hy ’n Russiese vlag met Poetin se gesig daarop vashou.
“Vier toeskouers het onvanpaste vlae en simbole vertoon en sekerheidsbeamptes gedreig terwyl hulle die stadion verlaat het,” sê TA in ’n verklaring.
“Die Victoria-polisie het ingegryp en is besig om hulle te ondervra.
“Die gemak en veiligheid van almal is ons prioriteit en ons is in noue samewerking met sekerheidspersoneel en owerhede.”
’n Man met ’n groot “Z” op sy hemp verskyn in foto’s op sosiale media. Russiese magte wat Oekraïne ingeval het, gebruik die letter “Z” op hul voertuie om hulself te identifiseer. Sommige ondersteuners van die inval maak ook van die simbool gebruik.
Die voormalige tennisspeler Alexandr Dolgopolov van Oekraïne, ’n wenner van drie ATP-titels en prysgeld van $7 125 771, het ’n beroep op TA gedoen om die toeskouer lewenslank te verban.
Wasil Mirosjnitsjenko, Oekraïne se ambassadeur in Australië en Nieu-Seeland, het ’n foto op sosiale media gedeel van ’n Russiese vlag wat aan ’n heining op ’n baan hang terwyl sy landgenoot Kateryna Baindl haar wedstryd in die eerste ronde gespeel het.
TA het onmiddellik gereageer deur die landsvlae van Rusland en Belarus, ’n Russiese bondgenoot, te verbied.
Spelers van Rusland en Belarus is verlede jaar deur Wimbledon verbied, maar mag as individuele spelers sonder enige nasionale affiliasie aan die Aussie-Ope deelneem.
Spelers van bogenoemde lande se vlae word nie in televisie-uitsendings langs hul naam vertoon nie en hul land word nie op lotingslyste aangedui nie.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie