Foto Otis Daniels
Foto Otis Daniels

Donkiebaai se wildste (see)ruiters

Elvira Hattingh
Honderde branderplankryers van oraloor die wêreld het die afgelope naweek op Donkiebaai saamgetrek op soek na reusebranders – iets waarvoor die gebied veral dié tyd van die jaar bekend is.

Onder die branderplank-entoesiaste is die bekende Amerikaanse branderplankryer Robert Kelly Slater (51), wat oor die naweek aan die media gesê het hy het nou reeds drie branderplanke tydens een sessie in Donkiebaai se branders gebreek. Hy is ’n professionele branderplankryer wat reeds 11 keer as die kampioen in die Wêreldbranderplankryliga (WSL) gekroon is. Hy het vertel Donkiebaai het hom die afgelope naweek “gedonkie”.

Plaaslike branderplankryers het by hulle aangesluit om hul staal te wys deur van die wêreld se beste - maar ook taaiste - branders om aan te durf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!