Drawwers kan land in wêreld se topvier plaas
Padwedlope
Die bekende ultra-atleet Risa Dreyer Burger sê dié is 'n lekker inisiatief wat bydra om Namibiërs gemotiveerd te hou.
Die kans om vir jou land in ’n wêreldwye kompetisie mee te ding, ongeag jou fisieke vermoëns of jou spoed of jou afstand, is deel van die unieke aanloklikheid van die Running World Cup.
Boonop maak Namibië sy stem dik saam met die swaargewigte en verdedig ’n trotse geskiedenis van sukses in die kompetisie.
Die 2023-reeks se uitkloprondte vir die laaste 16 lande is laas week afgehandel, met Namibië wat Kroasië uitgeskakel het.
Die kwarteindrondte word komende naweek, vir die 48 uur van Saterdag en Sondag 7 en 8 Oktober beslis – Suid-Afrika (titelhouer van 2023) teen Mongolië; Namibië teen die groepering bekend as “Kleiner Europese Nasies”; Engeland teen Roemenië; Japan teen Oekraïne.
Om deel te neem en jou kilometers by te dra, is redelik eenvoudig. Laai die toep Running World Cup op jou slimfoon af, registreer en kies jou land (Namibië). Toeps soos Google Fit, Strava of Garmin kan gebruik word om jou kilometers te laat aanteken.
Bonuspunte word aangeteken indien enige van jou drafsessies 5 kilometer (25 punte), 10 km (50 punte) of verder as 20 km is (125 punte).
Namibië se spankaptein in die Running World Cup, Gabi Ikena, sê 100 bonuspunte word verdien indien jy iemand nooi om as ’n nuwe deelnemer te registreer.
“In hierdie opsig was Anja Kreiner van Namibian Coastal Runners ’n ongelooflike dryfveer, veral met laas naweek se Husab-marathon as ’n byeenkoms,” sê Ikena.
Ikena, wat in IT werk, sê hy is ’n ywerige hardloper wat vanjaar vir die eerste keer die volle Twee Oseane ultra-marathon (56 km) voltooi het, ná vier vorige deelnames in die halfmarathon. Hy ondersteun ook graag plaaslike byeenkomste.
Volgens sy inligting het die bekende ultra-atleet Risa Dreyer Burger van Windhoek laas naweek individueel die langste afstand afgelê.
Dreyer sê dié is ’n lekker inisiatief wat bydra om Namibiërs gemotiveerd te hou en dis goed om te sien die land vaar so goed.
Ikena sê: “Vir die komende naweke se uitkloprondtes is ons uitdaging dalk om nuwe drawwers vir bonuspunte te registreer, omdat die meeste lede van drafklubs reeds op die stelsel aangeteken is.”
Hy is nietemin optimisties dat Namibië soos in ’n vorige jaar weer tot die eindrondte teen moontlik Suid-Afrika kan deurdring.
Ikena sê beplande byeenkomste vir komende naweek wat voornemende deelnemers kan gebruik, sluit in parkruns by die Windhoek Buiteklub en op Swakopmund.
“Die Windhoek City Runners-klub het ook Sondagoggende oefenlopies wat by Zoo Park in die middestad begin.”
HUSAB-MARATHON
Die Husab-marathon van Swakop Uranium het laas naweek ’n baie geslaagde terugkeer gemaak, met meer as 600 deelnemers wat ’n vroeë wegspringtyd op ’n kouerige oggend te bowe gekom het.
Gratis vervoer vir hardlopers van Walvisbaai, Swakopmund en Arandis is verskaf.
Rainhold Tomas, die land se Olimpiese en Statebondspele-verteenwoordiger, het sy klas gewys met ’n oorheersende wentyd van 2 ure 27 minute 08 sekondes in die mansresies. Hy was los voor Enock Haufiku (tweede in 2:35:17), Paulus Iyambo (2:37:13), Oscar Komeya (2:45:39) en Piet Cwi (2:47:43).
Ottilie Aimwata was die vrouewenner in 3 ure 08 minute – voor die gewese Olimpiese hardloper Leena Ekandjo (3:15:27), Marion Schonecke (3:45:35) en Arina Lensing (4:09:13).
Tomas en Aimwata het elk die stewige prysgeld van N$22 000 losgeslaan vir hul oorheersing van die 42 km wedloop.
Ander pryswenners:
21 km mans: 1 Jeremia Shaliaxwe (1:09:39), 2 Nghilyeendele Kornelius (1:11:04), Simon Shipingana (1:12:49).
21 km vroue: 1 Lucia Andrek (1:29:55), 2 Ivonne Shelikita (1:32:10), 3 Eliza Steyl (1:52:09).
10 km mans: 1 Matias Simon (31:06), 2 Simon Nakale (31:24), 3 Gerson Koper (31:46).
10 km vroue: 1 Martha Shivolo (34:24), 2 Beata Shekupe (36:10), 3 Salmi Nduviteko (39:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie