Drie oudkampioene die naweek in vertoongevegte
Boks
Twee voormalige wêreldbokskampioene, wat albei dié naweek in verskillende vertoongevegte in aksie is, kan dalk in die toekoms weer kragte meet.
Floyd Mayweather van Amerika het Ricky Hatton van Brittanje in 2007 in ’n dramatiese geveg met ’n uitklophou verslaan.
Sedert sy uittrede het Mayweather (45) al aan verskeie vertoongevegte deelgeneem.
Hy sal Sondag in Dubai weer in aksie wees wanneer hy die YouTuber Deji die stryd aansê.
Hatton (44) sal op sy beurt Saterdag vir die eerste keer aan ’n vertoongeveg deelneem wanneer hy in Manchester teen Marco Antonio Barrera van Mexiko boks.
Barrera (48) is self ’n legendariese voormalige wêreldkampioen, wat teen titelhouers soos Mayweather (twee keer), Manny Pacquaio, Juan Manuel Marquez en Amir Khan geboks het voor hy in 2011 met ’n beroepsrekord van 67 oorwinnings (44 uitklophoue) en sewe nederlae uitgetree het.
“As ek goed vaar teen Barrera, sal ek dit beslis oorweeg om weer teen Mayweather te boks,” het Hatton aan Sky Sports gesê.
Volgens Hatton het hy weer begin boks om gewig te verloor en om mense te inspireer.
Hatton het in die verlede ’n groot probleem met drank en dwelms gehad.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie