Drie pare van Buiteklub vorder

Gholf
Andrew Poolman
By die Windhoek Buiteklub se gholfklub is die Windhoek Lager Internasionale Parespel se derde kwalifiserende toernooi vir die jaar die afgelope naweek aangebied.

Die naweek se topdrie spanne het deurgedring tot die streekfinaal wat in Augustus voorlê.

Op ’n bewolkte en winderige dag het 32 pare vir die drie beskikbare posisies meegeding.

Die toptien spanne was:

1 Inocencio Verde en Peter Nghinyotwa (44 punte)

2 Likius Nande en Penda Naanda (42)

3 Stefanus van der Merwe en Burger Bergh (40, uittel)

4 Milton Eiseb en Fergusson Paulse (40)

5 Izak van Tonder en Andrew Dodds (40)

6 Andre Visser en Cornelis Beuke (39, uittel)

7 Jacques Kritzinger en Chris van Lill (39)

8 Clifford de Witt en Carel Rautenbach (38, uittel)

9 Justus Amutenya en Monty Rukoro (38)

10 Claud Abrahams en Antonio Gamito (38)

Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Milton Eiseb (putjie 3 en 9), Johannes Mungolo (putjie 13) en Inocencio Verde (putjie 17) ingepalm.

Die Buiteklub bied komende naweek die vierde toernooi van sy Windhoek Lager Monthly Medal-kompetisies aan.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer