Driedaagse Wintertoer haal ryers uit gemaksone
Bergfietsry
Die jaarlikse Winterbergfietstoer is die afgelope naweek (van Vrydag tot Sondag) vir die agtste keer aangebied. Ryers oud en jonk, tesame met hul ondersteuningsgroep, het die koue wintersoggende getrotseer en hulself getoets.
Sterk wind was aan die orde van die dag, met baie koue oggende tot gemiddelde dagtemperature.
Vrydag is ’n afstand van 102 kilometer (of ’n gedeelte daarvan) deur die geharde Khomas Hochland afgelê, met die eindpunt by Wilhelmstal. Hier is middagete geniet, voorsien deur Be Still Coffee Café, waarna die groep per motor na Ai-Aiba en Omandumba Lodges gery het.
Dit was ook die oornagpunt vir beide die opeenvolgende twee dae.
Saterdag is ’n afstand van 70 km aangepak wat gedeeltelik deur die Erongoberge gestrek het. ’n Gedeelte van die groep het die opsie gebruik om die nuwe enkelspoorpaadjie (ongeveer 35 km) by Ai-Aiba te gaan toets en die res het die oop pad aangedurf.
Sondag se rit was oor 75 km met die eindpunt by Ameib Gasteplaas buite Usakos, teen die hange van die Erongoberge.
’n Tyd om weg te breek, asem te skep en die Godgegewe Namibiese buite lewe te geniet – dis waaroor die toer gaan. Ryers toets hulself sonder om oor tyd bekommerd te wees.
Johan Fourie, die hooforganiseerder, sê: “Ek wil almal die geleentheid gee om iets te opsigte van hul vermoëns te ontdek wat hulle tot hoër hoogtes sal aanspoor. Ryers is beloon vir hul pogings, ongeag die afstand of hoe vinnig hulle dit voltooi het, want ek glo ieder en elk wat bereid is om ’n uitdaging aan te pak, is ’n wenner.
“Tesame met anonieme borg wil ek graag die volgende bedank: JayCee Entertainment, Superspar The Grove, Cymot, SWACO, Onjala Lodge & Spa en Ai-Aiba Lodge.
“Volgende op die kalender is die tiende jaarlikse 3Passes bergfietstoer wat vanaf 14 tot 16 Oktober plaasvind.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie