Driekampers hoop om nuwe maatstaf te stel
Statebondspele
Die lede van Namibië se driekamp-aflosspan het hul visier ingestel om geskiedenis te maak met hul debuutverskyning by die 2022 Statebondspele in Birmingham.
By die Statebondspele wat tot 8 Augustus duur, is 71 Statebondslande in die Engelse stad byeen om in verskillende sportkodes mee te ding.
Drikus Coetzee, wat Namibië in driekamp én later as padfietsryer (padresies en individuele tydtoets) sal verteenwoordig, het dié week in ’n onderhoud met Nampa gesê die driekamp-aflosspan gaan hul kokpmetisie sonder spesifieke verwagtinge in.
“Ons het ’n goeie span en ek hoop ons sal uitgaan en na die beste van ons vermoë meeding. Dis die eerste keer dat ’n driekamp-aflosspan van Namibië aan die Statebondspele deelneem; daarom kan ons die maatstaf vir die die land se toekomstige kompetisies in die sport instel,” het hy gesê.
Imke Jagau sê sy voel goed voorberei op haar eerste Statebondspele.
“Ek het baie geoefen en aan verskeie kompetisies in Duitsland deelgeneem, maar my doelwit is om my huidige persoonlike rekord te verbeter en waarskynlik ’n paar spanne te klop wanneer ons aan die aflosbyeenkoms deelneem,” het Jagau gesê.
Die 20-jarige Divan du Plooy, die land se enigste kwalifiseerder vir die individuele triathlon, sê hy is goed voorbereid en voel gereed.
"Ek het baie aan my swem gewerk; ek hoop om naby die voorlopers te bly sodat ek behoorlik kan meeding.”
Volgens hom het hy die meeste van sy mededingers reeds in aksie gesien, sommiges op televisie, en hy begryp wat om van hulle te verwag. Daarom voel hy nie onder enige druk nie.
MBOMA OPGEWONDE
Christine Mboma, een van Namibië se vlagdraers by gisteraand se opeingseremonie saam met die Paralimpiese naelloper Ananias Shikongo, was gister in ’n joviale bui en het aan Namibian Sun se Limba Mupetami gesê haar oefensessies sover in Birmingham was lekker.
Die sternaelloper (Olpimpiese silwermedaljewenner in 2021, asook o.20-wêreldkampioen) was die afgelope weke gefokus om van ’n beenbesering te herstel.
Nogtans rus ’n las van hoë verwagtinge op haar skouers met Namibiese en internasionale aanhangers wat gewoond is om haar onkeerbare vaartversnellings in die tweede helfte van haar 200 meter-wedlope te aanskou.
Die 200 vir vroue se program begin volgende Donderdag.
Haar afrigter wat ook oor die Namibiese atletiekspan aangestel is, Henk Botha, het gister op die oefenbaan gesê hulle is opgewonde oor wat voorlê.
“Hopelik sal Namibië opnuut die wêreld verras. Ons sal beslis ons beste gee, en dit is al wat ons kan doen.
“Selfs die marathonlopers is besig. Ek is seker ons sal ook ’n medalje aan daardie kant kry," het hy gesê.
Botha het bygevoeg: “Ons sal die nasie op hoogte hou soos ons vorder, so baie dankie vir die ondersteuning, Namibië."
• Die Namibiese bokser Jonas Junias het bevestig dat alles glad verloop, maar het bygevoeg “die weer is nie so aangenaam nie”.
Die 28-jarige Junias, van Swakopmund, sal van môre af sy aanslag van stapel stuur om nog ’n Statebondspele-medalje te voeg by die silwer (Glasgow 2014) en goud (Goue Kus 2018) wat hy reeds vir die land verower het.
Namibië word verteenwoordig deur 33 atlete en gestremde atlete in baan en veldatletiek, die marathon, boks, stoei, driekamp, fietsry, rolbal en swem.
Die driekampers, swemmers en boksers begin vandag met hul kompetisies, terwyl die marathon môreoggend plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie