Drikus bly op wenpad voor 36One
Bergfietsry
Die Hollard Gravel & Dirt-marathonreeks het Saterdag sy Brandberg Ametis-uitdaging oor 210 kilometer, 160 km en 74 km vir vroue en mans vanaf Omaruru na Uis aangebied.
Die langasems soos Drikus Coetzee, Martin Freyer, Clinton Hilfiker, Pierre Lambert en nog tien hardebaarde het net ná sesuur die oggend saam met agtien vroue en mans weggespring wat die 160 km-roete aangepak het.
“Die Masjien”, Drikus Coetzee, het die 210 km-roete binne 7 ure 11 minute 24 sekondes teen gemiddeld 29.23 km/h afgelê. Martin Freyer het die tweede posisie ingeneem, met Clinton Hilfiker derde.
Geen vrou het vir dié afstand ingeskryf nie.
Nina Holtrup was in die 160 km-afdeling die eerste vrou oor die eindstreep met Birgit Ellinger tweede en Zaren Knight derde. Holtrup het self nie teruggehou nie en het die pad teen gemiddeld 21.26 km/h aangedurf.
By die mans het Danzel de Koe sy stempel teen 28.45 km/h afgedruk om Tobie Gerber (tweede) uit die eerste posisie te hou, terwyl Tyrone Kotze derde geëindig het.
Anna-Mart Kruger wen die 74 km-afdeling vir vroue, terwyl Anton Engling by die mans oor dié afstand koning kraai.
Coetzee het aan Republikein gesê: “Dit was goeie voorbereiding vir die 36ONE MTB-ultramarathon (361 km) wat ek op 14 Mei vanaf die Kleinplaas-vakansieoord buite Oudtshoorn tot weer daar gaan ry.
“Die padoppervlak was uitstekend, behalwe vir die laaste 40 km wat baie sagte sand ná die reëns gehad het. Om deur daai sagte riviersand te trap, het die bene nogal gebyt.”
Coetzee het verlede jaar saam met Konny Looser die 36One gery en derde in 13:26:17 geëindig, terwyl Christiaan Janse van Rensburg oor dieselfde tyd tweede geplaas was. Looser se 13:26:14 is ’n nuwe rekord vir die roete wat deur die nag oor berge en deur dale gery word.
Die vorige rekord is deur die Nederlander, Ramses Bekkenk, op 13:48:53 in 2019 neergepen. Bekkenk het die 360ONE van 2017 tot 2019 drie keer agtereenvolgens gewen. Sy vorige rekord was 13:59:55 in 2017.
Indien alles vir Coetzee seepglad verloop, behoort hy ’n aanslag op Looser se tyd te kan maak.
Laas Saterdag se voorste uitslae:
210 km mans: 1 Drikus Coetzee 7:11:24, 2 Martin Freyer 7:20:43, 3 Clinton Hilfiker 7:49:27.
160 km vroue: 1 Nina Holtrup 6:31:41, 2 Birgit Ellinger 8:10:51, 3 Zaren Knight 8:10:53.
160 km mans: 1 Danzel de Koe 5:40:58, 2 Tobie Gerber 5:55:37, 3 Tyrone Kotze 5:55:38.
74 km vroue: 1 Anna-Mart Kruger 3:14:54, 2 Charly Taylor 3:14:55, 3 Monique Taylor 4:02:21.
74 km mans: 1 Anton Engling 2:44:40, 2 Leander Borg 2:49:14, 3 Alexander Behr 3:32:18.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie