Drikus druk die Munga se grense

Bergfietsry
Hy het aan homself bewys dat hy nog steeds nie die grense van sy vermoëns behaal het nie, sê die onstuitbare Namibiër.
Tielman Van Lill
Die Munga MTB is die wêreld se moordendste enkelskof solo-bergfietsren oor 1 132 kilometer vanaf Bloemfontein na Wellington in die Wes-Kaap.

Die wenner in ’n nuwe rekordtyd, Namibië se Drikus Coetzee, sê die moordende uithoubyeenkoms was sy vernaamste fokus vir dié kalenderjaar, vandat hy laas Desember die Nedbank Desert Dash se soloresies gewen het.

Die Namibiër, ook genoem “Die Masjien”, het Vrydagmiddag die eindelose afstand ná 47 uur en 37 minute gehaal. Hy het vandat hulle Woensdagmiddag twaalfuur in Bloemfontein weggespring het slegs 16 minute geslaap.

Nog ’n Namibiër, Pierre Lambert, het die resies in die vierde posisie klaargemaak. Hy het Saterdagoggend teen 06:37 ingeklok.

Die vorige rekord van 50 ure 30 minute is in 2018 deur Ramses Bekenk behaal.

Die onstuitbare Coetzee spog reeds met etlike langafstand-uithourekords wat hy in Suid-Afrikaanse byeenkomste opgestel het.

Hy is die eienaar van die 36ONE MTB Challenge oor 361 km se rekord in 13 ure 17 minute 50 sekondes wat hy in 2022 behaal het.

Die vinnigste tye nóg in die Munga Grit Cradle 500 solo-ren (21 ure 47 minute) en die Munga Grit Tankwa (22:17) behoort ook aan hom.

Sy mede-Namibiër Martin Freyer het verlede jaar die Munga MTB in 56 ure 36 minute deur die barre en snikhete Karoo gewen.

Coetzee sê hy is jonk genoeg om nog baie keer die Dash as ’n soloryer te ry, maar die Munga MTB is iets anders.

“Omrede uithourenne nie vir my vreemd is nie, móés ek net eenvoudig die Munga MTB aanpak. Dit het my horisonne verbreed en ek het my grense verskuif. Ek het die geleentheid gehad om geskiedenis te maak en ek het dit reggekry. Ek het van die begin af gesê ek wil graag die rekord breek en selfs die organiseerders het nie gedink dit is moontlik nie.

“Ek laat lyk en klink dit miskien soms maklik, maar die Munga is nie naastenby maklik nie. Dis gewis nie jou alledaagse resies nie en jy moet jou fisieke en geestelike beperkings ken om so ’n groot uitdaging aan te pak en te voltooi.

“My voorbereiding het volgens plan verloop en by die wegspringstreep was ek gereed vir enigiets wat oor sy pad kon kom. Gelukkig was die toestande nie ongunstig nie, maar in die Munga sal jy altyd die somer se hitte hê, die wind van voor, die sinkplaat grondpaaie ...

“As ek aan die minder as 48 ure terugdink, het ek my liggaam nog nooit so hard gedruk nie. Ek het aan myself bewys dat ek nog nie my grense behaal het nie.

“Jacques Swart van Gravel & Tour se hulp met die gravel-bergfiets was van die beste waarvoor ek kon vra en dit het my baie gemoedsrus gegee. Dit het die sinkplaatpaaie baie goed hanteer.

“Ek het een potensiële laagtepunt gehad in ’n stadium toe die dagtemperatuur 45 grade by Loxton was.

“Maar ek het die hele pad vertroue in my rekordpoging gehad en het aangehou die pedale trap, ongeag of ek voor of agter die rekordpas was.”

Sonder sy borge Janine & Suzelle Davin Trust, Indongo Toyota, Hollard, Deopharma, BRG Biokinetics, Gravel & Tour en Garmin sou sy prestasie nie moontlik gewees het nie, sê hy.

“Ek koester elke geleentheid om my borge te verteenwoordig, asook die handelsmerke wat my vertrou en ondersteun. Dit was ’n bonus om nog ’n persoonlike mylpaal te behaal,” het Coetzee aan Republikein gesê.

Vir komende Vrydag en Saterdag se Nedbank Desert Dash sal Coetzee nie sy mans solotitel verdedig nie, maar hy is wel as ’n lid van Indongo Toyota se viermanspan ingeskryf, met Derick Bester, Raymond de Kock en Rolf Schulz as sy spanmaats.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 2 vs 1 Brentford | Manchester United 1 vs 1 Chelsea | Tottenham Hotspur 4 vs 1 Aston Villa | Wolves 2 vs 2 Crystal Palace | Southampton 1 vs 0 Everton | Nottingham Forest 3 vs 0 West Ham | Liverpool 2 vs 1 Brighton | Ipswich Town 1 vs 1 Leicester City | Bournemouth 2 vs 1 Manchester City | Newcastle 1 vs 0 Arsenal Katima Mulilo: 22° | 38° Rundu: 22° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 21° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 24° | 33° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 17° | 33° Gobabis: 16° | 35° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 05:12, Low Tide: 23:16, High tide: 17:15 Swakopmund: 14° | 15° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:50, High tide: 05:10, Low Tide: 23:14, High tide: 17:13 Walvis Bay: 13° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:50, High tide: 05:09, Low Tide: 23:14, High tide: 17:12 Rehoboth: 15° | 35° Mariental: 14° | 35° Keetmanshoop: 13° | 33° Aranos: 14° | 36° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 15° | 31° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 22° Maseru: 6° | 26° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 24° | 33° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 17° | 33° Cape Town: 13° | 22° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 35° Harare: 19° | 31° Currency: GBP to NAD 22.55 | EUR to NAD 18.95 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.41 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 49.07 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1665.41 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1876.57 Up +0.49% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14300.12 Up +0.21% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30650.04 Down -0.59% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9845.11 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 742.19/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 086.50/T UP 1.42% | Brent Crude Oil US$ 75.90/BBP UP +0.41% | Platinum US$ 992.57/OZ UP +1.22% Sport results: Premier League: Fulham 2 vs 1 Brentford | Manchester United 1 vs 1 Chelsea | Tottenham Hotspur 4 vs 1 Aston Villa | Wolves 2 vs 2 Crystal Palace | Southampton 1 vs 0 Everton | Nottingham Forest 3 vs 0 West Ham | Liverpool 2 vs 1 Brighton | Ipswich Town 1 vs 1 Leicester City | Bournemouth 2 vs 1 Manchester City | Newcastle 1 vs 0 Arsenal Weather: Katima Mulilo: 22° | 38° Rundu: 22° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 21° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 24° | 33° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 17° | 33° Gobabis: 16° | 35° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 05:12, Low Tide: 23:16, High tide: 17:15 Swakopmund: 14° | 15° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:50, High tide: 05:10, Low Tide: 23:14, High tide: 17:13 Walvis Bay: 13° | 19° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:50, High tide: 05:09, Low Tide: 23:14, High tide: 17:12 Rehoboth: 15° | 35° Mariental: 14° | 35° Keetmanshoop: 13° | 33° Aranos: 14° | 36° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 15° | 31° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 12° | 22° Maseru: 6° | 26° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 24° | 33° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 17° | 33° Cape Town: 13° | 22° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 35° Harare: 19° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.55 | EUR to NAD 18.95 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.41 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 49.07 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1665.41 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1876.57 Up +0.49% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14300.12 Up +0.21% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30650.04 Down -0.59% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9845.11 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 742.19/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 086.50/T UP 1.42% | Brent Crude Oil US$ 75.90/BBP UP +0.41% | Platinum US$ 992.57/OZ UP +1.22%