Namibië se Davisbekerspan in Pretoria. Voor is Nguvi Hinda en agter staan van links Steyn Dippenaar, Connor van Schalkwyk, Gerrie Dippenaar (kaptein), Daniel Jauss en Codie van Schalkwyk. Foto verskaf
Namibië se Davisbekerspan in Pretoria. Voor is Nguvi Hinda en agter staan van links Steyn Dippenaar, Connor van Schalkwyk, Gerrie Dippenaar (kaptein), Daniel Jauss en Codie van Schalkwyk. Foto verskaf

Droombegin by Davisbeker

Tennis
Andrew Poolman
Die Namibiese manspan het gister ’n seldsame oorwinning teen die hoër gekeurde Zimbabwe by die Davisbeker Afrika-groep III-toernooi in Pretoria behaal.

Dié uitslag is ’n droombegin vir Namibië, wie se 81ste posisie op die wêreldranglys net die vyfdebeste in die toernooi is in vergelyking met Zimbabwe (72ste), wie se ranglysposisie net deur Suid-Afrika (67ste) oortref word.

Zimbabwe het die Namibiërs juis verlede jaar in die laaste bepalende uitspeelwedstryd geklop toe die toernooi in Algerië aangebied was.

Connor van Schalkwyk het hom weer as Namibië se sleutelspeler laat geld, toe hy sy enkelspelwedstryd teen Benedict Badza met 6-3, 6-4 beklink het. Connor het nege kishoue teen net een geslaan,

Sy ouer broer Codie het hom hierna teen Benjamin Lock vasgeloop (3-6, 0-6).

In die bepalende dubbelspelwedstryd was daar egter nie keer aan die twee Namibiërs, wat beide by Amerikaanse kollege ingeskryf is nadat die 18-jarige Connor onlangs sy hoërskoolloopbaan deur tuisonderrig voltooi het.

Die paar het vroeg deurgebreek om die dubbelspel met 6-1, 6-4 te beklink.

Namibië word vandag teen Senegal opgeweeg en môre teen Benin. Saterdag wag die bepalende oorkruis uitspeelwedstryde teen die ander groep se spanne (Suid-Afrika, Ivoorkus, Algerië en Togo).

“Hierdie jong span spel vir mekaar en ondersteun mekaar. Hulle wil die land trots maak, soos hulle vandag met ’n puik oorwinning teen ’n baie sterk Zimbabwe-span reggekry het. Ons waardeer die steun van almal by die huis,” het die spankaptein Gerrie Dippenaar gister gesê.

Afgesien van die Van Schalkwyks is Steyn Dippenaar, Daniel Jauss en Nguvi Hinda die ander spanlede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!