DTS lei lente in met pret in die sand

Strandvlugbal
Tielman Van Lill
Die Deutscher Turn und Sportverein (DTS) het die afgelope naweek sy gewilde jaarlikse strandvlugbaltoernooi in Olympia aangebied, waar 30 spanne in verskillende afdelings kon meeding.

Aaron Korn, ’n professionele vlugbalafrigter van Duitsland, was twee weke aktief met afrigting voor Saterdagoggend se kompetisie.

Uit die 30 deelnemende spanne was 23 o.19-spanne van wie tien meisiespanne was.

Vier spanne het in die vroue-afdeling sake op ’n rondomtaliegrondslag uitgespook. Teja Lück en Kristin Glöditschnwen raap die eerste plek op voor Malinda Snyman en Mariska Botes (tweede), met Taleninawa Salatiel en Winnie Towases derde.

By die mans was net drie spanne in aksie. Aaron en Immanuel Hafenanye kon nie die mas teen Shilumbu Thomas en Haipa Puye asook Jan Erik Sack en Luke Brinkmann opkom nie. Sack en Brinkmann word as kampioene bekroon nadat hulle al hul kragmetings gewen het.

By die o.19-meisies het die meeste spelers eers vanjaar strandvlugbal begin speel. Soos verwag het die topgekeurde span van Raica Coelho en Paula Ritzer die finaal gehaal en gemaklik met Piroschka Lück en Sandra Steinkopff (21-13, 21-16) afgereken. Meriam Mendos en Meameno Heita het Annica Theissen en Melissa Zimney vir die derde plek geklop.

Romy Lück het saam met Glenn Gebauer, ’n vorige wenner, by die o.19-seuns saamgespan en die derde plek teen Luca Usieto-Drayer en Liam Wegener (vierde) verseker.

In die finaal het die twee topgekeurde spanne mekaar ontmoet sonder dat hulle ’n wedstryd verloor het. Max Krafft en Roman Dainat (tweede gekeur) wen die eerste stel met 21-19 teen Fabian Biederlack en Luca Kesselmann. Biederlack en Kesselmann verhang die bordjies met 21-15 in die tweede stel om ’n derde en laaste stel af te dwing. Die ervaring van dié duo besorg hulle die titel met 15-11 om die toernooi te wen.

Al die deelnemers het gratis T-hemde asook koeldrank ontvang wat deur African Marketing geborg was. Bernd Ahrens het vir die skyfies en sjokolade gesorg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!