No Image Caption

Duathlon kry goeie opkoms

’n Suksesvolle veldduathlon is Saterdagoggend vir die eerste keer op Mariental deur organiseerders van die Dr. Alfie Grobler Mariental Triathlon aangebied. Deelnemers in die ope kategorie het 40 km op hul bergfietse afgelê en daarna 10 km gedraf, of kon inskryf om in die beginnersresies die helfte van hierdie twee afstande te takel. Deelnemers van so jonk as nege jaar tot en met 60 jaar, van so ver as Keetmanshoop en Windhoek het die byeenkoms ondersteun. In die individuele ope klas het JG van der Westhuizen die eindstreep eerste bereik ná twee ure 10 minute 52 sekondes, gevolg deur die veteraanvrou Charmaine Shannon (2:55:59), die meestersatleet Elmarie Adriaanse (2:56:30) en Jana van Dyk (senior vroue, 2:58:13). Die haastigste atlete in die beginnerskompetisie was Mino Strydom (senior mans, 1:13:06) en Hestie Hay (1:19:59). Afsonderlike kategorieë vir spanne is ook aangebied. Op die foto is die hoofwenner JG van der Westhuizen saam met me. Corrie Grobler (klubsekretaresse). Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!