Dubois wil ná drag slae wéér teen Usyk boks
Boks
Ai, dié Daniel Dubois, darem, hy weet ook net hoe om ’n mens te laat lag.
Nee, vertel hy vir die BBC, hy is Saterdagaand in Wroclaw in Pole verneuk. Hy het eintlik die swaargewig-wêreldtitelgeveg teen Oleksandr Usyk van Oekraïne gewen.
Weet die Brit dan nie dat die geveg op televisie uitgesaai is nie? Almal het gesien hoe leer Usyk hom ’n boksles tot hy maar eerder in die negende ronde bly sit het.
Nee, Dubois vertel hy het eintlik in die vyfde ronde met ’n wonderlike lyfhou gewen. Dit was nou daardie indrukwekkende lae hou waarmee hy Usyk vir ’n paar minute op die krytvloer van pyn laat krul het.
Die hou was so laag en so akkuraat, dat Usyk se regterhand onbedaarlik begin bewe het.
“Het ons ’n definisie vir wat volgens die reëls is of wat teen die reëls is? Die naeltjie is die lyn. Enigiets laer as dit is laag,” het Alex Krassyuk, Usyk se promotor, aan DAZN verduidelik.
Toe Usyk agterna vertel is dat Dubois – wat hom behalwe vir ’n paar lae houe en een of twee (wettige) lyfhoue, net met ’n skrams hou of twee in die gesig en een hou op die sitvlak kon tref – op ’n herontmoeting aandring, kon hy maar net lag.
“Ek is reg om môre weer teen hom te baklei. In die straat. Sonder bokshandskoene,” het hy gesê.
Voor Dubois verder twak praat, moet hy eerder kyk hoe begin die vrees veral ná die sewende ronde uit sy oë straal. Ná die geveg het Usyk nog genoeg energie gehad om ’n ruk lank op die maat van wilde musiek op en af te spring.
Daar is Saterdagaand by die Hard Rock-casino in Tulsa in Amerika ook ’n paar lae houe geslaan.
Zhan Kossobutskiy, swaargewig van Kazakstan, het soveel lae houe in sy geveg teen Efe Ajagba van Nigerië geslaan dat hy in die vierde ronde hiervoor gediskwalifiseer is.
In dieselfde toernooi het Jared Anderson van die VSA teen nog ’n swaargewig, Andriy Rudenko van Oekraïne, met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde gewen en Bakhodir Jalolov van Oezbekistan het Onoriode Ehwarieme van Nigerië in die eerste ronde van hul swaargewiggeveg uitgeslaan.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie