Dyspier kos o.20-span ’n staatmaker
Rugby
Die Namibiese span vir die Rugby Afrika-toernooi is bekend gemaak.
Die lang en atletiese Riaan Grové se geskeurde dyspier is ’n reuse-terugslag vir die Namibiese o.20-rugbyspan wat voorberei om volgende maand in Rugby Afrika se Barthés-toernooi in Nairobi, Kenia te gaan meeding.
Grové (1.93 meter en 105 kg), wat die besering drie naweke gelede opgedoen het in ’n wedstryd vir sy Franse klub Stade de Aurillac, moes intussen geopereer word en die vooruitsig is dat hy vir tot ses maande of langer buite aksie sal wees.
Sy ondervinding, werkvermoë, lynstaanvernuf en veelsydigheid as flank, agtsteman of slot sou veral vir die Namibiese o.20’s van groot waarde gewees het – ook omdat hy een van die min oorblywende lede van verlede jaar se span sou wees.
Indien hy fiks sou bly, is dit nie ondenkbaar dat hy vanjaar selfs ’n naby draai aan die Namibiese senior groep met die oog op die Wêreldbeker sou kon maak nie.
In die finale o.20-groep wat onlangs deur die Namibië Rugby-unie aangekondig is, is die flank Ray-Eez Feris, vleuel Owen Hawanga, stut Filippus Iyambo Tshuuya nou die enigste oorblywende lede wat verlede jaar saam na Nairobi getoer het.
Die Namibiërs het in die 2022-toernooi vir Kenia op dominerende wyse met 16-5 geklop, maar was veel slordiger in die eindstryd en is met 14-19 deur Zimbabwe geklop.
Vir vanjaar se skedule open die Namibiërs hul toernooi op 22 April teen Zambië en behoort daarna teen die wenner van Kenia en Uganda te staan te kom. Die vier spanne in die ander helfte van die loting is Zimbabwe teen Ivoorkus en Madagaskar teen Tunisië.
’n Spesiale struikelblok in die pad van die nuwe afrigterspan, Ryan de la Harpe en Jaco Engels, is Rugby Afrika se beperkende reël dat geen o.20-span meer as vier spelers mag kies wat hul rugby buite die landsgrense speel nie.
Die spanbestuur hoop om vanaf 3 April die spelersgroep in Windhoek byeen te bring vir ’n oefenkamp wat amptelik ’n week later begin, voor hul vertrek na Kenia op 20 April. Die toerkaptein sal later bevestig word.
Die aangewese o.20-groep:
Filippus Iyambo Tshuuya (Wanderers, WHS), Johan Brockman (United, WAP), Herman Coetzee (Windhoek Gimnasium), Luaan Karsten (Kudus, Walvisbaai PHS; ook haker-opsie).
Hakers: Dandré Schreuder (Wanderers, Windhoek Gimnasium), Edward Drotsky (Rehoboth-rugbyklub, Dr. Lemmer).
Slotte: Hendrik Jacobus “HJ” de Beer (Monument, Cheetahs), Thehard Lintvelt (United, WAP), Nguvitja Tjaronda (Dolphin Skole), Matthew Quinn (Walvisbaai Privaatskool), Michael Johannes “MJ” Atkinson (Pro-Ed Akademie; ook stut).
Losvoorspelers: Ray-Eez Feris (WHS, Rehoboth), Joe Losper (WHS, Rehoboth), Ferion Beukes (WHS; ook haker), SG Maritz (WAP), Kistings Minyoi (HTS Windhoek, Katima Mulilo).
Skrumskakels: Enrique Husselmann (Reho Falcon), Dillon Kahmann (Reho Falcon, M+K Gertze), Armand Kotze (Wanderers, WHS; ook senter of vleuel).
Losskakels: Ethan Koopman (Wanderers, Walvisbaai), Christof Steenkamp (Moria, Outjo).
Senters en vleuels: Natie Janse van Rensburg (WAP), Owen Hawanga (Windhoek Gimnasium), Keanan Januarie (Unam), William Klazen (Wanderers, Windhoek Gimnasium; ook heelagter), Manfred Garoëb (Dr. Lemmer), Nico Tromp (WAP).
Heelagter: Divan Steyn (Kudus, Windhoek Gimnasium).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie