Eagles buig knie met 28 lopies

Krieket
Die teleurstellende nederlaag by United was waarskynlik die doodskoot vir Namibië se kanse.
Tielman Van Lill
Gister se deurslaggewende uitspeelwedstryd vir die 2023 Wêreldbeker teen die Emirate (VAE) by die United-veld het opnuut nie die uitslag gelewer waarop die Richelieu Eagles voor gehoop het nie en die gasheerspan se WB-droom hang aan ’n dun draadjie.

Die Emirate het ’n billike 267/5 in 50 beurte opgestel, maar dié teiken moes nie buite die vermoë van die Eagles-kolwers wees nie, wat met oordeelsfoute op ’n streep al hul paaltjies vir 239 in 48.4 boulbeurte verloor het.

Die loesing met 28 lopies het die Eagles (nou vierde) hul tweede posisie op die punteleer van ses aanspraakmakers gekos. Die enigste hoop vir die Eagles is om vandag hul laaste wedstryd teen Kanada met ’n reuseverskil te wen en dan te hoop die VSA, Emirate en Kanada verloor hul finale ontmoetings van die toernooi.

Bernard Scholtz (1/24 in 10) het soos gewoonlik niks goedkoop weggegee nie, maar die Eagles-boulers het gesukkel om tydige deurbrake te bewerkstellig. Pikky Ya France (1/32 in 10) was ook klinies, maar Karl Birkenstock (1/68 in 10) en Gerhard Erasmus (1/13 in 2), Ruben Trumpelmann (0/66 in 10) en Ben Shikongo (0/64 in 8) het deurgeloop.

Namibië se eerste paaltjie het geval toe Niko Davin in 3.1 boulbeurte die bal reguit na ’n VSA-veldwerker geslaan het (5/1). Dit het min of meer die trant vir die res van die ODI vir die Eagles ingelui.

Shaun Fouché (47 van 60 balle, 6x4, 1x6) en Michael van Lingen op (34 van 35 b, 4x4, 1x6) het hard vir ’n 80-lopievennootskap gewerk. Ná Fouché en Van Lingen se vertrek, beide met die totaal op 85, was daar steeds hoop.

Gerhard Erasmus (30 van 41 b, 2x4) en Karl Birkenstock (31 van 39 b, 2x4) het hul bes probeer, maar dit was ’n keerpunt toe Erasmus gestonk is.

Nicol Loftie-Eaton (19), Zane Green (9) en Ya France (14), wat briljant uitgevang is, se weerstand is ook uitgewis. Met Namibië op 196/8 (44.1) was die skrif aan die muur en die vereiste tempo reeds verby te hoog.

Trumpelmann op nege (28 van 15 b, 1x4, 3x6) en nommer tien Scholtz (18* van 15), saam met Shikongo op 11 moes die kastaiings onder geweldige druk uit die vuur krap om 71 van 35 balle te slaan. Dit het toe nie gerealiseer nie.

Vir die Emirate het Rohan Mustafa (3/34 in 9) die boulaanval gelei met Zahoor Khan (3/59 in 9.4), Aayan Afzal Khan (2/23 in 6), Sanchit Sharma (1/23 in 6) en Karthik Meiyappan (1/41 in 8) wat hom gretig bygestaan het.

Die Emirate se se voorste lopiemakers was staatmaker Vriitya Aravind (93* van 118 b, 7x4, 1x5) en Asif Khan wat as speler van die wedstryd bekroon is vir sy 96 van 86 b (6x4, 5x6), totdat Aravind hom uitgehardloop het.

• Gister by Wanderers het die VSA (235/7 in 50) vir PNG (118 almal uit) maklik met 117 lopies oorskadu. PNG het nie antwoorde op die VSA-boulers gehad nie.

Steven Taylor (81 van 133 b, 6x4, 1x6) en Aaron Jones op 4 (65 van 77 b, 2x4, 3x6) het die beste vir die VSA gekolf. Vir PNG was Assad Vala op 4 (42 van 72 b, 3x4) hul voorste lopiemaker.

Gajanand Singh (4/15 in 6.5), Ali Khan (3/31 in 6) en Nisarg Patel (2/31 in 8) was dodelik met die bal in die hand vir die VSA. PNG se Semo Kamea (3/32 in 10), Vala (2/34 in 10) en Riley Hekure (1/48 in 8) kon nie die VSA-kolwers in toom hou nie.

SATERDAG

Jersey en die Emirate het Saterdag hul ODI’s onderskeidelik met elf lopies en ses paaltjies teen Papoea-Nieu-Guinee (PNG) en Kanada in Windhoek gewen.

Jersey het eerste by United gekolf (291/4). PNG en veral Asad Vala se negatiewe spel en stadige kolfwerk het hulle die wedstryd gekos toe hulle vir 280/9 in 50 beperk was en die knie met elf lopies moes buig.

Vir Jersey het Josh Lawrenson op 3 (114 lopies, 105 balle, 11x4, 2x6) en Asa Tribe op 4 (115*, 143 b, 8x4, 2x6) uistekende gekolf. Vala op 3 (75, 107 b, 4x4, 1x6), Riley Hekure op 4 (58, 51 b, 6x4, 1x6) en Charles Amini op 5 (54, 47 b, 6x4, 2x6) was PNG se topkolwers.

Julius Sumerauer (2/69), Elliot Miles (2/35), Charles Perchard (2/43) en Harrison Carlyon (2/38) het paaltjies vir Jersey geneem. Semo Kamea (2/52) en Chad Soper (2/40) was suksesvol vir PNG met die boulaanval.

• Die Emirate (255/4) het gemaklik Kanada (254 almal uit in 48.5) se totaal by Wanderers verbygesteek met ses balle oor om met ses paaltjies te seëvier.

Die aanvangspaar Aryan Lakra op 1 (53 van 109 b, 2x4) en Muhammad Waseem (80 van 78 b, 6x4, 4x6) en Rameez Shahzad op vier (54* van 48 b, 4x4, 1x6) het die Emirate se lopies behaal. Kanada se lopies het hoofsaaklik van Matthew Spoors (33 van 62 b, 2x4, 2x6), Pargat Singh op 3 (102, 96 b, 13x4, 2x6), Nicholas Kirton op 4 (50, 64 b, 1x4) en Srimantha Wijeyeratne (28 van 23 b, 1x4, 1x6) gekom.

Vir die Emirate het Aayan Afzal Khan (3/34), Zahoor Khan (2/42) en Junaid Siddique (2/49) uitgeblink. Nikhil Dutta (1/33), Jeremy Gordon (1/38), Harsh Thaker (1/40) en Saad Bin Zafar (1/53) was suksesvol vir Kanada met die bal.

PUNTETABEL

1 VSA 6 punte (wen 3 uit 4), netto lopietempo 0.888

2 VAE 6 (3 uit 4) 0.241

3 Kanada 4 (2 uit 3) 0.345

4 Namibië 4 (2 uit 4) 0.198

5 Jersey 2 (1 uit 3) -0.814

6 PNG 0 (0 uit 4) -0.985.

• VANDAG se bepalings: Kanada tn Namibië by Wanderers; VSA tn Jersey by United. MôRE: Jersey tn Emirate by Wanderers; Kanada tn PNG by United.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067