Eddie Jones Wallabies se nuwe hoofafrigter
Rugby
In ’n groot opskudding in Australiese rugby sal Eddie Jones die Wallabies se nuwe hoofafrigter wees nadat Dave Rennie die trekpas gegee is.
Net minder as agt maande voor die afskop van die Wêreldbeker-rugbytoernooi, het Rugby Australië aangekondig dat hy ’n nuwe hoofafrigter vir die nasionale span gaan aanstel.
Rennie was onder geweldige druk ná ’n swak 2022-seisoen waartydens die span deurlopend gesukkel het, maar min sou kon voorspel dat hy die span so kort voor die sport se skouspel sou verlaat.
’n Reeks-nederlaag teen Engeland, ’n derde plek in die Rugbykampioenskap en ’n jaareindtoer vol gemengde welslae, wat ’n eerste nederlaag nóg teen Italië ingesluit het, het die beheerliggaam genoop om op te tree.
Jones, wat die Wallabies voorheen tussen 2001 en 2005 gebrei het, het ingestem tot ’n kontrak van vyf jaar wat tot aan die einde van die Wêreldbeker-toernooi in 2027 sal duur. Hy sal sy nuwe pos op 29 Januarie inneem.
“Dis ’n groot skuif vir Australiese rugby om die beste afrigter in die wêreld te laat terugkeer huis toe om die ikoniese Wallabies af te rig en ’n wakende oog oor die Wallaroos-program te hou,” het Hamish McLennan, hoof van Rugby Australië, in ’n verklaring gesê.
“Eddie se begrip van ons rugbystelsel en kennis oor ons spelersgroep en programme sal die span tot ’n volgende vlak neem.
“Eddie verstaan instinktief die Australiese manier van rugby speel – dit verteenwoordig ’n geleentheid om ’n afrigter van geweldige kundigheid en ervaring by die grootste kompetisies te verseker, en ons wou dit nie mis nie.”
Rennie het in 2020 by Michael Cheika as hoofafrigter van die Wallabies oorgeneem, maar kon sy tyd by die Wallabies slegs met ’n wenrekord van 38% afsluit.
“Ek wil Dave bedank vir sy harde werk en moeite met die Wallabies – ons is dankbaar vir alles wat hy vir Australiese rugby gedoen het,” het Andy Marinos, die beheerliggaam se uitvoerende hoof, gesê.
“Dave het ’n sentrale rol gespeel om baie van die diepte te kweek wat ons tans in die Wallabies se groep sien. Daar is verskeie spelers wat werklike aanspraakmakers op plekke in die span vir die Wêreldbeker is vanweë die geleenthede wat Dave gegee het.
“Die werksetiek, die gees binne die groep, en die manier waarop die span hom gedra, is alles ’n direkte gevolg van Dave se insette – hy het werklik sy stempel op hierdie groep spelers afgedruk.”
Jones is in Desember as Engeland se hoofafrigter laat gaan en is verskeie poste aangebied, maar die 62-jarige het gereeld ontken dat hy enigsins by 2023 se Wêreldbeker-rugbytoernooi betrokke sal wees.
Dié geleentheid is egter een wat hy nie van die hand kon wys nie.
Jones was in 2003 die Wallabies se afrigter toe hulle op eie bodem teen Engeland vasgeval het in die Wêreldbeker-eindstryd ná ’n skepdoel deur Jonny Wilkinson laat in ekstra tyd.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie