Eenheid hou sleutel tot NFA-sukses
Sokker
'n Wegbeweeg van chroniese twiste op administratiewe vlak is as die eerste prioriteit verklaar.
Die eerste prioriteit vir die nuwe leierskapgroep is om eenheid te bewerkstellig.
Die nuut verkose president van die Namibiese Sokkerverenigin (NFA), Robert Shimooshili, het die sokkergemeenskap in Namibië aangemoedig om saam te werk.
Shimooshili is Vrydag verkies nadat hy 19 uit die 34 beskikbare stemme op hom verenig het. Hy het die prominente prokureur, Patrick Kauta van African Stars-faam, geklop wat as die ander aanspraakmaker op die presidentstroon meegeding het.
Shimooshili, sakeman en voorsitter van Blue Waters-sokkerklub in Walvisbaai, sal nou sy posisie aan die stuur van dié klub prysgee en sy volle fokus na die NFA se sake verskuif.
In ’n onderhoud het die nuwe nasionale sokkerbaas gesê: “Wat ek in die eerste paar maande sal probeer doen, is om seker te maak dat daar eenheid in sokker is. Die plan was nog altyd om seker te maak dat daar ’n lang lewe in die sokkerligas van hierdie land is.”
Die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens in Namibië, Emma Kantema-Gaomas, het die sokkergemeenskap aangemoedig om saam te staan.
Die adjunkminister reken die administrasie sokker moet sonder binnegevegte bly om diegene wat daarvan leef, se lewens baie makliker te maak. Kantema-Gaomas sê die sokkervereniging sal deur sy eie uitdagings moet worstel sonder die inmenging van die regering.
Bisey Uirab, uittredende voorsitter van die Fifa-normaliseringskomitee, hoop ook dat die nuwe leierskap sal voortgaan met die pogings om die sport in die land te herstel.
“Die Normaliseringskomitee het sy deel gedoen en nou hoop ons dat sokker sal floreer. Die inkomende uitvoerende komitee erf ’n vereniging wat skuld het.
“Die Normaliseringskomitee was suksesvol om beleidsrigtings te verander. Ons wens en hoop is dat die nuwe NFA-president suksesvol sal wees om die nodige harmonie en eenheid in die NFA te bewerkstellig,” het Uirab gesê.
Die Namibië Sokkervereniging se nuwe bestuur bestaan uit Robert Shimooshili (president), Murs Markus (visepresident), Laurance Tommy Kandundu (gewone lid, Noordwes eerste liga), Joseph Hailombe (gewone lid, Ohangwena-streek), Precious Chaka (gewone lid, Zambezi-streek), Samwel Kamuyoyo (gewone lid, Kavango-Oos-streek), Egidius Mangundu Nambara (gewone lid, Kavango-Wes-streek), Michael Situde (gewone lid) en Monica Shapwa (vrouesokker).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie