Eenpuntsege by Vegkop kom laat
Skolerugby
Die dramatiese eindpoging in die doodsnikke deur Samsung Windhoek Hoërskool om die wenpunte uit die kake van ’n tuisnederlaag te red, spreek van die vlak van vasberade mededinging waarmee die sewe spanne in die Standard Bank o.19 Superliga mekaar tans takel.
Die besoekende PSG Walvisbaai het by die Vegkopstadion die voortou geneem met skaars twee minute speeltyd wat oorgebly het vir die WHS-span om ’n laaste skuif te maak.
Die Walvisbaai-slot William Lottering het kort voor die einde oor die doellyn gebars vir ’n verdoelde drie wat die kusspan met 30-26 voor geplaas het, maar WHS het vir oulaas sy agterlyn op ’n haastige beweging na regs weggestuur vir die vleuel Aljeandro Morkel se wendrie in die hoekie.
Met rustyd was WHS met 20-17 voor, hoewel nog geensins veilig nie. Beide spanne het die beskikbare bonuspunte met 1-1 gedeel toe hulle ewe veel drieë gedruk het.
WHS se kaptein en buitesenter Quirione Majiedt was ook ’n driedrukker, asook die besige nasionale o.19-baldraerflank Ray-Eez Feris wat ook gereeld in die senterposisie ingespan word. Losskakel Davito van Wyk se bydrae was twee doelskoppe en vier strafdoele.
Walvisbaai se driedrukkers was sy regtervleuel Jaco van Schalkwyk, die stewig geboude agtsteman en kaptein Krynauw Bouwer en slot William Lottering. Bouwer (twee strafdoele, een doelskop) het die stelskopwerk gedeel met die losskakel Michael Koopman (twee doelskoppe, een strafdoel).
TUISSPAN WEN OP OUTJO
OK Foods Moria Privaatskool het sy eerste oorwinning gevier toe hy PSG Pro-Ed Akademie met 24-12 geklop het.
Die noordespan se stewig geboude agtsteman van die Namibië o.18-span na die Akademieweek, André Brandt, was een van sy driedrukkers, tesame met regtervleuel Miles Tjivanga en linkervleuel Tolley Tjipute. Laasgenoemde het ook met ’n strafdoel en drie doelskoppe getref.
“In die vaste fasette het ons groot druk op Pro-Ed geplaas en het die eerste helfte meestal in hul gebied gespeel. Ons het gereeld ons agterlyn in die spel gebring en ons verdediging was goed. Ons het wel klein dingetjies om aan te werk, soos ons balhantering en die beskerming van ons besit. Maar Pro-Ed het wel respek hier kom afdwing,” sê Pieter Esterhuizen, afrigter van Moria.
Die Swakopmunders kon nie ’n drie druk nie, maar die senter Maughan Jarman met drie punte en losskakel Alex Murtz met nege, alles strafdoele, het die telbord aan die rol gehou.
Thys Saunders, afrigter van Pro-Ed, sê: “Dit was ’n harde wedstryd. Ons moet net leer om geduldig te bly met bal in hand die bal en langer en meer fases op te bou. Ons moet minder foute maak in sekere gebiede en dan net afrond.
“Moria is ’n baie goeie span, soos al die ander spanne in die liga, so die span wat die minste foute maak en hul geleenteid gebruik, sal die wedstryd deurtrek, maar ons het dit nie gedoen nie.”
• Schoemans-groep Windhoek Gimnasium het op Rehoboth ’n gemaklike sege met 50-7 teen Dr. Lemmer behaal. Verslag binne in Sport Wrap.
• Komende Saterdag se bepalings (tuisspanne eerste): WHS teen Moria (11:30); Whk Gim tn Pro-Ed (12:00); Walvisbaai PHS tn KMC One Construction Windhoek Affies (11:30).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie