Heel links is Liezel Garbers, Roger Kambatuku (die NSSU se nasionale koördineerder) en heel regs Marlize Horn van die Capricorn-groep. Foto Verskaf
Heel links is Liezel Garbers, Roger Kambatuku (die NSSU se nasionale koördineerder) en heel regs Marlize Horn van die Capricorn-groep. Foto Verskaf

Eerste doele in Superliga vandag geskiet

Skolenetbal
Agt streke se netbaltalent begin vandag sake in die gesogte reeks uitspook.
Tielman Van Lill
Die Capricorn-groep het vandeesweek sy Superliga vir skole se A-netbalspanne aangekondig, wat oor ses naweke vanaf vandag tot 26 Augustus beslis sal word.

Die eerste stel wedstryde vandag en môre word by die bane van Wanderers-klub in Pionierspark gespeel. Regstreekse uitsending kan op NTV (ook aanlyn by www.oneuptwo.com) gevolg word.

Nagenoeg 690 spelers van elf openbare en dertien privaatskole sal in die ses ouderdomsafdeling (onder 12, 13, 14, 15, 17 en o.19) mekaar die stryd aansê.

Altesaam 69 spanne uit die streke Khomas, ||Kharas, Hardap, Otjozondjupa, Kunene, Oshikoto, Omaheke en Erongo sal in die kompetisie meeding.

Wedstryde sal in Stampriet, Rehoboth, Outjo, Otjiwarongo, Swakopmund en Windhoek gespeel word.

Dié liga was tevore deur Bank Windhoek ondersteun, maar die Capricorn-groep het die borgskap in 2019 oorgeneem. Capricorn het sy volgehoue ondersteuning en verbintenis tot die liga bevestig.

Marlize Horn, uitvoerende hoof vir handelsmerk en koporatiewe sake by Capricorn, sê: “Capricorn is trots op sy bydrae oor baie jare tot die bevordering en ontwikkeling van netbal in Namibië deur ’n platform vir netbalspelers te bied om vir ’n nasionale titel te kompeteer.

“Netbal en sport in die algemeen laat die jeug toe om karakter te bou, te leer oor spanwerk asook toewyding en volharding. Ons is opgewonde om die Capricorn-skolenetballiga vir 2023 bekend te stel en is baie tevrede met die groot aantal netbalspanne wat gaan deelneem.

“Die Capricorn-groep sal voortgaan om sportontwikkeling en veral vrouesport te ondersteun.”

Liezel Garbers, voorsitter van die Capricorn-skolenetballiga, het gesê: “Sport word beskou as ’n sleutelinstrument in die ontwikkeling van die jeug in ons gemeenskappe. Sport dra by tot kinders se fisieke, sielkundige en sosiale welstand.

“Ons sien geweldig uit daarna om met die Capricorn-skolenetballiga te laat afskop. Daar wag ’n hele klompie opwindende wedstryde vir netbalondersteuners en geesdriftiges.”

Dié liga word deur die Namibiese Skolesportunie (NSSU) as die nasionale skolenetballiga vir A-spanne onderskryf.

Die finale sal op 25 en 26 Augustus afgehandel word.

Ronde 1: 19-20 Mei by Wanderers se bane.

Ronde 2: 2-3 Junie.

Ronde 3: 28-29 Julie.

Ronde 4: 11-12 Augustus.

Ronde 5: 18-19 Augustus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!