Eerste naweek gelaai met aksie
Rugby
Ondanks die ietwat teleurstellende bywoning van toeskouers was die eerste naweek van die Windhoek Draught Franchise Tien-aan-’n-kant rugbytoernooi ’n sukses, sover dit die terugvoering van die betrokke spelers en afrigters betref.
Hoewel sommige van die ses deelnemende spanne deur die loop van Saterdag en gister vanweë beserings van hul voorkeurspelers moes vervang, is die tafel gedek vir ’n opwindende uitklopfase komende naweek.
Op die foto’s hiernaas stamp Tjingairi Kativi, agtsteman van Ucom Mobile, vir Delron Brandt, losskakel van DStv Namibia, af.
André van der Berg en Jacques Theron, skakelpaar van die Windhoek Draught-span, was ’n faktor in die span se verwerwing van die topposisie aan die einde van die eerste naweek.
Wikus Jacobs, kaptein en haker van DStv Namibia se span, het ’n kas bier as prys ontvang nadat hy gister die 100ste drie in die toernooi gedruk het.
Volledige berig op bl. 1 van Sport Wrap binne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie