Eerste sege teen Botswana gesoek
Vrouesokker
Die eerste twee dae van die toernooi in Gauteng het reeds verrassende uitslae opgelewer.
Namibië se senior nasionale vrouesokkerspan, die Brave Gladiators, open vandag hul aanslag op die 2023 Cosafa Vrouekampioenskap teen Botswana in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria (afskoptyd 15:30; regstreeks op cosafa.tv).
Die hoofafrigter, Paulus Shipanga, hoop die planne waarmee die tegniese span vorendag gekom het, word doeltreffend uitgevoer om die span se eerste tree vorentoe in die toernooi te gee.
“Ons het voorheen teen Botswana gespeel, en ons moet nog ’n oorwinning teen hulle behaal. Uit ons ontleding van hul wedstryde was dit duidelik hulle speel baie vinnig en is takties bekwaam en vaardig om balbesit te behou.
“Oor die afgelope paar dae het ons heelwat kondisionering gedoen en ons kwesbare plekke probeer versterk,” het Shipanga gesê.
“Die oefenkamp was tot dusver goed; ons groei en leer. Baie van hierdie spelers is al ’n rukkie deel van die span en het al ’n paar keer in hierdie toernooi gespeel. Dis nie iets nuuts vir hulle nie, hulle is ten volle vertroud met die kompetisie en die talent wat hier betrokke is. Hulle verstaan hul taak en gee leiding aan die jonger en nuwe spelers,” het Shipanga gesê.
Die span is sonder hul vaandeldraers wat na hul onderskeie klubs in Turkye en Duitsland teruggekeer het – Zenatha Coleman (Fenerbahçe) en Vewe Kotjipati (Borussia Mönchengladbach).
In hul plekke is die ervare en veelsydige vleuel Thomalina Adams (Ongos FC) en die verdediger Lilie Kasheeta (Khomas Nampol) nader geroep.
Die Gladiators was verlede jaar semifinaliste, maar het met 1-0 teen Banyana Banyana verloor, voor hul nederlaag met 2-1 teen Tanzanië in die bronsfinaal.
Vanjaar se toernooi word tot 15 Oktober in Johannesburg en Pretoria aangebied. Namibië is in groep C geloot, saam met Botswana, Zimbabwe (hul opponent vir Maandag) en Lesotho (op 11 Oktober).
Die eerste twee dae het reeds verrassende uitslae opgelewer:
Gister (groep B): Angola klop Comoros met 5-0; Zambië tn Mosambiek gelykop met 0-0. Woensdag (groep A): Malawi klop Suid-Afrika met 4-3; Eswatini klop Madagaskar met 2-1.
Suid-Afrika, die hoogste op die wêreldranglys van enige span in die toernooi, het sewe uit die tien Cosafa vrouekampioenskappe sover gewen. Die enigste ander spanne wat al die trofee kon inpalm, was Zimbabwe (2011), Tanzanië (2021) en Zambië (2022).
JONGSPAN
Afrigter Errol Damaseb en 23 spelers in die Namibiese junior vrouespan, die Jong Gladiators, het na Kongo-Brazzaville vertrek vir hul FIFA o.20 Vrouewêreldbeker uitdunwedstryde.
Namibië speel Sondagnamiddag teen die gasheerspan in Brazzaville, voor die herontmoeting op 13 Oktober in dieselfde stadion. Die Jong Gladiators word deur die middelveldspeler Anna-Ida Somses as kaptein aangevoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie