Elf Angolese vegters hier vir skouspel
Gevegsport
Die bekende afrigter Carlos de Sousa en sy vrou Natasha van Sousa MMA Studio in Windhoek is die dryfveer agter Namibië se eerste internasionale gemengde gevegsport amateurkompetisie wat môreaand vanaf sesuur by SKW-saal in Olympia aangebied word.
’n Stewige spannetjie van Angola, asook vegters van Demokratiese Republiek die Kongo, Zambië en Suid-Afrika sal tydens 12 gevegte in aksie wees.
Die 25-jarige Veja Hinda van Namibië sal in die hoofgeveg teen Ndombe Poe van Angola te staan kom. Hinda is die 2022 Afrika-veergewigkampioen.
In die hoofvoorgeveg ontmoet Geraldo Bok (Namibië) vir Leonardo Pascoal van Angola. Damian Muller sal Namibië vir die eerste keer teen Jomar de Sousa (Angola) verteenwoordig. Die vierde Namibiër, Arno Jacobs, sal teen Jonathan Banda van Zambië kragte meet.
Dié Mixed Martial Arts-byeenkoms (MMA) is deel van die opwindende Africa Fight League-reeks (AFL22) wat in Suid-Afrika bedryf word. MMA is ’n volwaardige kontaksport waar die vegters mekaar nie veel ruimte in die drie rondes van drie minute gun nie.
Carlos is ’n tweemalige MMA-wêreldkampioen met 33 jaar ondervinding in die sport en is die Namibiërs se afrigter . Sy derde dan swartgordel in Brasiliaanse jiu-jitsu vertel sy eie verhaal.
Die deure open om 17:00 en die eerste geveg is vir 18:00 geskeduleer. Kaartjies kos N$300 vir gewone toegang of N$400 vir BBP-toeskouers wat naby die kryt wil sit.
Koop ’n kaartjie en jy kan lekker pryse van Parted-haarsalon, Soulstice Day Spa, Butcher Block Steakhouse en Gondwana Collection (twee koopbewyse, van N$7736 en N$8572) wen.
Kaartjies kan deur Paytoday en Sousa Studio gekoop word. Kontak 081 423 4160 of [email protected] vir meer inligting.
Die geskeduleerde gevegte:
1 Adaleberto Ntyamba (Angola) teen Mwelwa Khata (Zambië).
2 Hloplo Mainc (RSA) tn Elizandro de Sousa (Angola).
3 Chomba Mwandila (Zambië) tn Garcia Toko (Angola).
4 Luis Gregorio (Angola) tn Nathan Chilenga (Zambië).
5 Paul Nkolomba (Zambië) tn Joveth Santana (Angola).
6 Dumildo Tchilala (Angola) tn Alistar Kunene (RSA).
7 Bernad Chisenga (Zambië) tn Grécio Lopes (Angola).
8 Hervé Zeng (DRK) tn Helmer Garcia (Angola).
9 Arno Jacobs tn Jonathan Banda (Zambië).
10 Damian Muller tn Jomar de Sousa (Angola).
11 Geeraldo Bok tn Leonardo Pascoal (Angola).
12 Veja Hinda tn Ndombe Poe (Angola).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie