Elite ryers jaag nasionale titels in Olimpiese jaar
Padfietsry
Die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) bied komende naweek sy Namibiese nasionale padfietskampioenskap vir resies- en tydtoetsfietse naby die hoofstad aan, opnuut met Nedbank as sy hoofborg.
Die geleentheid dien opnuut vir ryers om belangrike ranglyspunte in die UCI-kategorieë (Union Cycliste Internationale, die wêreldbeheerliggam) op te raap asook om die nasionale kampioentruie te verdien.
Die UCI-kategorieë is elite vroue en mans; onder 23 vroue en mans, asook junior vroue en mans. Aan die titelhouers word nasionale truie oorhandig wat vir die volgende twaalf maande met trots gedra sal kan word – beide met betrekking tot die individuele tydtoets (Vrydag vanaf 14:00) en die padresies vroeg Sondagoggend.
Die NCF het einde verlede jaar verklaar watter kompetisies as kriteria vir die aanwysing van enige beskikbare Olimpiese plekke na Parys in 2024 sal dien. Die vyf byeenkomste vir padfietsryers is die 2023 Paratus Namibian Cycle Classic (8 Oktober); die 947-resies in johannesburg (19 November); die WPP-reeksbyeenkoms van 14 Januarie by Dordabis; die Nedbank nasionale padfietskampioenskap komende Sondag; asook die Kaapstad-fietstoer op 10 Maart (net vir die Olimpiese vrouekandidate).
TYDTOETS LAAS JAAR
Drikus Coetzee het Jean-Paul Burger, die verdedigende 2022-titelhouer, verlede jaar met ’n verskil van 66 sekondes in die individuele tydtoets oortref om die 40 kilometer roete in 56 minute en 29 sekondes voltooi het.
Coetzee spog reeds met vyf nasionale kampioenskaptitels in die individuele tydtoets en twee in die padresies (2021 en 2022) op sy indrukwekkende en steeds groeiende getuigskrif.
Vera Looser kon weens ’n besering nie haar 2022-titel suksesvol oor 30 km verdedig nie. Sy het wel daarin geslaag om derde in 32:37 te eindig met Anri Krugel tweede in 32:12.
Melissa Hinz (31:33) het hard vir haar goue medalje gewerk. Sy het Krugel met 39 sekondes geklop om die 2023 nasionale kampioen te word.
PADRESIES VAN 2023
Ná sy uittrede uit internasionale en professionele fietsry het Tristan de Lange onverwags opgedaag en aan die kampioenskap deelgeneem.
Hy het goud in die 134 km-resies gewen deur Drikus Coetzee (silwer) in ’n naelren na die eindstreep te klop. Ingram Cuff het die bronsmedalje met 3 ure 20 minute 46 sekondes verower. De Lange (3:18:15) en Coetzee het dieselfde tyd geregistreer.
Looser (2:45:49) het bewys sy is steeds nommer een toe sy Hinz (2:46:20, tweede) en Krugel (2:47:16) geklop het.
Elkeen van dié drie is tans baie goed op dreef en het met die afgelope twee padresiese van die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks by die Dordabispad en Teufelsschlucht gewys hulle is gereed vir die kampioenskap.
Coetzee het tydens die Dordabis-byeenkoms ’n slegte val gehad wat hom vel-af aan sy hande en bene gelaat het, maar hy het reeds laas Sondag by Teufelsschlucht weer gewys hy is steeds ’n volbloed spoedvraat en nie net ’n enduro-ryer nie.
Dié volgende elite ryers kan gerus vir puik resultate dopgehou word.
Manskategorieë (elite, o.23 en junior): Melissa Hinz, Vera Looser, Anri Greeff, Michelle Doman, Genevieve Weber, Monique du Plessis, Olivia Shililifa, Angela Kamati, Eden Spangenberg, Laura Engling, Sithembile Monga en Maja Brinkmann.
Manskategorieë (elite, o.23 en junior): JG van der Westhuizen, Simon Kaita, Ethan L’Strange, Kevin Lowe, Daniel Hahn, Theuns van der Westhuizen, Hugo Hahn, Drikus Coetzee, Alex Miller, Danzel de Koe, Christiaan van Rensburg, Maruen Kleopas, Martin Freyer, Simon Kaita, Tristan de Lange, Jafet Amukushu, Roger Surén, Xavier Papo en Jo Jo Hamunyela.
2023 TYDTOETSRESULTATE (UCI-kategorieë)
Elite vroue: 1 Melissa Hinz (31:33), 2 Anri Krugel (32:12), 3 Vera Looser (32:37).
Elite mans: 1 Drikus Coetzee (56:29), 2 Jean-Paul Burger (57:35), 3 Hardus Nel (1:02:57).
Onder 23 vroue: 1 Monique du Plessis (34:32), 2 Olivia Shililifa (36:38).
Onder 23 mans: 1 JG van der Westhuizen (1:05:46), 2 Simon Kaita (1:06:55), 3 Ethan L’Strange (1:07:18).
Junior vroue: 1 Angela Kamati (43:50), 2 Laura Engling (44:08), 3 Sithembile Monga (56:20).
Junior mans: 1 Kevin Lowe (28:48), 2 Daniel Hahn (29:49), 3 Theuns van der Westhuizen (30:56).
2023 PADWEDREN-UITSLAE (UCI-kategorieë)
Elite vroue: 1 Vera Looser (2:45:49), 2 Melissa Hinz (2:46:20), 3 Anri Krugel (2:47:16).
Elite mans: 1 Tristan de Lange (3:18:15), 2 Drikus Coetzee (3:18:15), 3 Ingram Cuff (3:20:46).
Onder 23 vroue: 1 Olivia Shililifa (2:49:20), 2 Monique du Plessis (2:49:26).
Onder 23 mans: 1 Hugo Hahn (3:27:29), 2 JG van der Westhuizen (3:41:06), 3 Simon Kaita (3:51:04).
Junior vroue: 1 Eden Spangenberg (2:39:32), 2 Angela Kamati (3:01:54), 3 Laura Engling (3:03:53).
Junior mans: 1 Kevin Lowe (2:42:06), 2 Daniel Hahn (2:42:06), 3 Theuns van der Wetshuizen (2:42:08).
AFSTANDE VIR DIE TYDTOETS
Elite en o.23-mans: 36 kilometer (vier rondes van 9 km).
Elite en o.23-vroue: 27 km (drie rondes).
Junior vroue en mans: 18 km (twee rondes).
AFSTANDE VIR PADRESIES
Elite en o.23-mans: 122 km.
Elite en o.23-vroue: 92 km.
Junior vroue: 62 km.
Junior mans: 92 km.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie