• Tuisblad
  • Sport
  • Elke uithoek in die visier om junior hokkie te bevorder

Elke uithoek in die visier om junior hokkie te bevorder

Hokkie
Andrew Poolman
Die Standard Bank Namibia junior hokkie-inisiatief, ’n ontwikkelingsprogram vanaf grondvlak, het sy hoofdoelwit vrklaar om die sport voor die einde van die jaar in elk van die land se 14 streke bekend te stel.

Die projekbestuurder Erwin Handura, wat onlangs sy uittrede as afrigter van die Namibiese nasionale vrouehokkiespan aangekondig het om voltyds sy aandag hieraan toe te wys, sê die program is vroeg in September 2021 in Windhoek van stapel gestuur.

Teen die einde van verlede jaar is beduidende vordering reeds gemaak. Landswyd is hokkie reeds in 12 stede en dorpe in elf streke bekendgestel, naamlik Khomas (Windhoek), Omaheke (Gobabis), Hardap (Rehoboth en Mariental), Otjozondjupa (Okahandja), ||Kharas (Keetmanshoop), Kunene (Outjo), Erongo (Omaruru), Kavango-Oos (Rundu), Oshikoto (Tsumeb) en Oshana (Ongwediva, Outapi en Ombalantu).

“In elk van die dorpe het sowat 80 kinders en agt afrigters by die inisiatief betrek en in Windhoek 120 kinders en twaalf afrigters. In totaal beteken dit meer as 1 000 junior spelers, 109 afrigters en 40 skeidsregters wat in die Standard Bank junior hokkie-insiatief betrokke geraak het sedert ons op 8 September 2021 begin het,” sê Handura.

“In 2022 het ons twaalf verskillende ligas aangebied met ’n totaal van 288 wedstryde wat landswyd gespeel is. Nog twaalf hokkiefeeste is in die elf streke aangebied wat uitgeloop het op die nasionale hokkiefees in Windhoek op 1 Oktober verlede jaar.”

Handura sê vanjaar se program begin hierdie week met klinieke vir afrigters – vandag in Windhoek, môre in Okahandja en Donderdag op Rehoboth.

Nuwe dorpe en streke waar binnekort opleidingsklinieke vir afrigters en skoliere aangebied sal word, is Ohangwena (Helao Nafidi) op 9-11 Mei; Zambezi (Katima Mulilo) op 15-16 Mei; Kavango-Wes (Nkurenkuru) op 17-19 Mei en Erongo (Walvisbaai, 7-9 Junie).

Opvolgkursusse vir afrigters sal ook in elk van die dorpe gehou word gedurende die jaar.

Die onder 11-ligas in elk van die 16 streke sal vanaf 1 tot 30 Augustus gespeel word. Die 16 toernooie wat as streekproewe sal dien om die beste tien seuns- en tien meisiespelers uit te soek, duur van 1 tot 30 September.

Die nasionale hokkiefees word intussen vir 7 Oktober in Windhoek geskeduleer, waar elk van die 14 streke se spanne in die o.11-ouderdomsgroep sal meeding. Volgens Handura sal dit die grootste hokkie-ontwikkelingstoernooi in die land sedert 2002 wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!