Elnatan haal in, wen dramaties op Outjo

Skolerugby
Andrew Poolman
Die onvermoë om ’n doelskop vir selfs net een van hul sewe drieë tussen die pale deur te skop, het OK Foods Moria se Bere die afgelope naweek duur te staan gekom. Die Bere het gevolglik hul tuiswedstryd op Outjo teen Elnatan Privaatskool met ’n enkele punt verloor (35-36). Ingevolge die Namibiese Hoërskolerugbyvereniging (NSSR) se puntestelsel vir die Standard Bank o.19 premierliga het die verdeling van die ligapunte egter glad nie te vrot vir die noordespan van die Kunenestreek uitgewerk nie. As wenners van die wedstryd het Elnatan sewe ligapunte bygevoeg en Moria ses punte. Lukas Holtzhausen, een van Moria se afrigters, sê sy span was met 35-18 oënskynlik in beheer van die wedstryd. “Dit was teleurstellend dat ons die uitslag so weggegee het terwyl ons dit in die sak gehad het. “As afrigterspan het ons dalk gefouteer om te veel jong spelers van die reserwebank af op te stuur, terwyl Elnatan ook in daardie periode baie goed gespeel het. Elnatan het ’n wakker flank (Markus Meyer, kaptein) wat ’n spilpunt in hulle span is en wat die opposisie nogal besig hou. Hy maak ’n groot verskil,” het Holtzhausen gesê. Johan Adriaanse, afrigter van Elnatan, sê sommige van die spelers wat die skool vanjaar van Mariental af betrek het, het in die laaste minute die inisiatief geneem om met wyer bewegings in die agterlyn die spasie aan te val en het gevolglik vir Moria van hul voete af gehardloop. Adriaanse sê spelers wat vir die wenspan uitgestaan het, was Markus Meyer (flank), Marnus Botma (haker), Bakkies Klein (agtsteman) en Antonio Titus (senter). Elnatan se driedrukkers was die vaskopstut Petrus Nangolo (2), Raymund Forbes (heelagter), JR Strydom en Antonio Titus (senters) en Meyer. Meyer (2) en losskakel Christopher Umati (1) het ook met doelskoppe geslaag. • Komende naweek in die Standard Bank o.19 premierliga: Vrydag by Windhoek Gimnasium: Schoemans-groep Windhoek Gimnasium tn Autohaus Windhoek Affies (17:00). Saterdag op Walvisbaai: PSG Walvisbaai Privaatskool tn Samsung (12:00). Saterdag op Swakopmund: PSG Pro-Ed Akademie tn OK Foods Moria (12:00).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!