Emvula en Zhang aan wenkant by Buiteklub
Gholf
Die Windhoek Buiteklub het laas Saterdag ’n beterbalkompetisie aangebied met Spes Bona as borg.
Die kompetisie op ’n warm somersdag het deelname van 92 spelers gelok. Die klub is dankbaar vir Spes Bona se borgskap, wat verversings by die halfpadmerk ingesluit het.
Die topvyf spanne:
1 Ester Emvula en Kevin Zhang (45, uittel)
2 Jolene van Schoor en Melt van Schoor (45)
3 George Vink en Eddie Weber (44, uittel)
4 Ronald Beukes en Heinco Schmidt (44)
5 Alois Nyandoro en Sakeus Matheus (44)
Pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Koos Maartens (putjie 3), Jolene van Schoor (putjie 9), Eddie Weber (putjie 13), Wilfred Lohmann (putjie 14) en Stephen Pell (putjie 14 met twee houe).
• Op Saterdag 25 Februarie bied die Buiteklub die eerste van ses kwalifiserende rondtes vir die Windhoek Lager Internasionale Parespel aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie