En die nuwe NRU-president is...
Rugby
Jacques Burger is een van verskeie bekende rugbyfigure wat hul toetrede tot die NRU-raad kan maak.
Die opvolger vir mnr. Corrie Mensah, wat van April 2018 president van die Namibië Rugby-unie was totdat hy en sy bestuursraad ná ’n mosie van wantroue verlede maand bedank het, behoort môreoggend bekend te wees.
Mnr. Petrie Theron en adv. John Walters is die twee benoemde kandidate vir die presidentskap vir wie die stemgeregtigde lede môreoggend by die NRU se buitengewone jaarvergadering sal kan stem – tesame met die ander raadsposisies.
Die 50-jarige Theron is ’n bekende prokureur wie se rugby-agtergrond insluit dat hy van 2015 tot 2017 ondervoorsitter van Wanderers-rugby en daarna vir twee jaar die NRU se visepresident vir bestuursake was.
Die 65-jarige Walters het in Julie 2021 ná 17 jaar as Namibië se ombudsman uitgetree. Hy was ’n stigterslid van die Namibië Rugby-unie met onafhanklikwording in 1990 en was visepresident tot 1991.
Theron is deur United benoem (gesekondeer deur Wanderers en Vipers). Walters is deur Unam benoem (gesekondeer deur Western Suburbs en Reho Falcon).
• Mnr. Christie Windvogel, voorsitter van Unam-rugbyklub, is die enigste nominasie as die NRU se visepresident vir bestuursake, om by mnr. Walter Don oor te neem.
• Vir die NRU-visepresidentskap vir rugbysake (onlangs vakant) sal twee bekende en gerekende kandidate meeding.
Mnr. Johan Diergaardt het min bekendstelling nodig as gewese nasionale afrigter (2010-2011 asook 2020) en tevore jarelange nasionale keurder en suksesvolle klubafrigter van Unam.
Mnr. Wessel Kotze was spanbestuurder van die Namibiese 15- en sewesrugbyspanne, ’n toernooidirekteur van Rugby Afrika-toernooie en organiseerder van geleenthede soos die Capricorn Windhoek Gimnasium internasionale sewestoernooi.
• Jacques Burger, kaptein van Wêreldbekerspanne in 2011 en 2015 en wêreldbekend vir sy suksesvolle professionele loopbaan by Saracens in Engeland, is ook op koers om sy toetrede op NRU-bestuursvlak te maak.
Burger (38), deesdae plaasboer by Stampriet, is benoem as verteenwoordiger vir die Suide.
Ander streekverteenwoordigers wie se benoemings bekragtig of afgekeur moet word, is mnre. Colin Stevens (Erongo), Christie Windvogel en die jarelange administrateur van hoërskolerugby Hermann Rust (Khomas), Apie Oberholzer van Gobabis (Auas), Flip Erasmus (Noorde) en me. Karen Powell (vrouerugby).
• Genooide gaste met waarnemerstatus sal na verwagting mnr. Freddie Mwiya van die Sportkommissie insluit, asook verteenwoordigers van Wêreldrugby en Rugby Afrika per videoskakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie