Agter van links na regs is Siyanda Ndlovu, Max Endjala, Brandon Grane, Janré Olivier en Kai Duvel. 
Voor van links is Delia van Zyl, Danie Greeff, Chantel de Gouveia en Dené van Zyl. Foto Verskaf
Agter van links na regs is Siyanda Ndlovu, Max Endjala, Brandon Grane, Janré Olivier en Kai Duvel. Voor van links is Delia van Zyl, Danie Greeff, Chantel de Gouveia en Dené van Zyl. Foto Verskaf

Endjala en Van Zyl die bestes by kus

Muurbal
Namibië se voorste mans en vroue muurbalspelers het laas naweek by die Swakopmund-muurbalklub sake uitgespook om die gesogte titels in die Ope Visions Consulting-kampioenskap te wen.

Die toernooi wat in 2008 tot stand gekom het, het met vyftig van die beste gehalte inskrywings in baie jare gespog. Manne soos Max Endjala, Norbert Dörgeloh, Emil Dörgeloh, Danie Greeff, Brandon Grane, Sven Grüttemeyer, Immanuel Amarongo, Nelson Herunga, Wilko Aschenborn, Christopher Hill, Franco Lambert, Morné van Zyl, Johan Nieuwoudt en Torben Winterbach het teen mekaar te staan gekom.

Die vrouespelers het ingesluit Chantel de Gouveia, Adri Lambert, Delia van Zyl, Dené van Zyl, Chantelle de Villiers, Kirsten Wolhuter, Hendrina Louw, Tessa Rossouw, Jessica Moore, Liezel Wijgergangs, Zané Esterhuizen en Jacky Steenkamp.

Max Endjala het die kampioenskap-eindstryd teen Brandon Grane gehaal nadat hy Franco Lambert (3-0), Torben Winterbach (3-0) en Emil Dörgeloh (3-0) verslaan het. Grane het Nelson Herunga (3-0), Norbert Dörgeloh (3-0) en Danie Greeff (3-1) op pad na die eindstryd uitgeskakel.

Sjampanje-muurbal was tydens die mansfinaal te sien met Max Endjala wat met 3-0 beklink het sonder om ’n enkele stel in die toernooi af te staan. Danie Greeff het die bronsfinaal teen Emil Dörgeloh gewen (3-1).

Die vroue-afdeling het stukkie geskiedenis gesien met ’n ma- en dogterfinaal tussen Dené van Zyl en haar ma, Delia van Zyl. Dené buit in ’n epiese eindstryd met 3-2 die titel.

Die derde plek is tussen twee voormalige Visions Consulting-kampioene beslis met Chantel de Gouveia wat met 3-1 teen Adri Lambert geseëvier het.

• In die B-afdeling het Siyanda Ndlovu teen Janré Olivier (3-1) gewen met Kai Duvel wat die derde plek teen Dirk Bosman verseker het (3-2).

• Die C-afdeling is gewen deur Daniel de Wet teen Dylan Dreyer (3-2) met Enré van Zyl wat die derde plek teen Wilke Schoeman (3-1) behaal het.

Organiseerders vind dit verblydend dat beide die B- en C-afdeling deur ontluikende junior spelers gewen is.

Die Swakopmund-muurbalklub spreek spesiale waardering uit teenoor Visions Consulting vir sy jarelange steun met die toernooi wat ’n sleutelbyeenkoms op die jaarlikse muurbalkalender geword het.

• Die gedugte Dené van Zyl, met Visions Consulting as hoofborg, het verlede maand aan die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap deelgeneem en is as die SA o.16-kampioen vir 2022 gekroon. Visions Consulting sê hulle is ongelooflik trots op haar prestasie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!