Endjala, Van Zyl begin jaar op ’n wennoot

Muurbal
Die Namibiese Muurbalvereniging (NSA) het verlede naweek sy Top 16-kompetisie vir mans en vroue, asook die nasionale toernooi vir juniors by die Swakopmund-muurbalklub (SFC) aangebied.

Dié geleentheid is een van die NSA se verskeie kompetisies om ’n nasionale span te kies.

Max Endjala het Brandon Grane met drie stelle teen nul in die eindstryd verslaan om sy posisie as Namibië se nommer een te behou.

Delia van Zyl het haar ongeëwenaarde vaardighede in die vroue-eindstryd vertoon toe sy teen Judy Savage met 3-0 gewen het.

By die juniors het die uiters talentvolle Dené van Zyl die titel teen Jonathan Abbot (3-0) gebuit.

Die Top 16-mans na aanleiding van die toernooi is: 1 Max Endjala, 2 Devon Savage, 3 Danie Greeff, 4 Brandon Grane, 5 Angelo Titus, 6 Emil Dorgeloh, 7 Stockley Van Horsten, 8 Christof Knoetze, 9 Immanuel Amorongo, 10 Michau Basson, 11 Ferdie Malherbe, 12 Torben Winterbach, 13 Morné van Zyl, 14 Steven Berry, 15 Heathlin Cloete, 16 Franco Lambert.

Die 16 voorste vroue is: 1 Judith Savage, 2 Dené van Zyl, 3 Delia van Zyl, 4 Charné Fourie, 5 Tessa Rossouw, 6 Chantel de Gouveia, 7 Carla Venter, 8 Christiane Beulker, 9 Adri Lambert, 10 Chelsea de Gouveia, 11 Sumari Jans, 12 Kirsten Wolhuter, 13 Liezel Wijgergangs, 14 Marion Berry, 15 Kotie Karsten, 16 Hendrina Louw.

Die Namibiese junior ranglys sal op ’n latere datum aangekondig word.

Dr. Rudi Koekemoer, president van die NSA, het sy dank uitgespreek teenoor die borge, organiseerders, spelers en ondersteuners vir hul toewyding en deursettingsvermoë ten spyte van die magdom uitdagings wat die samelewing die afgelope jaar in die gesig gestaar het.

Koekemoer is vol vertroue dat Namibiese muurbal nuwe hoogtepunte op die wêreldverhoog sal bereik. ’n Goeie getuigskrif hiervan is die feit dat Namibiese muurbal die afgelope maand op die Wêreldmuurbalfederasie se webblad uitgesonder is (www.worldsquash.org/namibia-squash-talent-identification-and-growth-critical-for-future/).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!