Enduro se seisoen geopen
Enduro
Die Namibiese Enduro-klub bied môre sy eerste nasionale Ark Trading-reeksbyeenkoms (uit 8) ’n klipgooi noord van Eros aan.
Enduro-ryers kry vanjaar opnuut die geleentheid om die beste uit hul motorfietse in bergagtige, beboste en sanderige terrein te haal. Enduro gaan nie soseer oor spoed nie, maar eerder hoe goed die ryers tegniese dele op die moeiliker begaanbare roetes kan baasraak.
Topklasryers soos Henner Rusch (2021-kampioen), Quinton van Rooyen (tweede), Oliver Rohrmuller (derde), Marcelle Henle en Björn Bierbauer sal mekaar in die pro-klas om die nommer een posisie uitdaag.
In die senior afdeling sal Heiko Stranghöner (2021-kampioen), Jörn Greiter (tweede), Kai Hennes (derde), Gunther Gladis en Ronald Geiger hul strawwe mededinging van verlede seisoen voortsit.
In die intermediêre klas is 2021 se topdrie Jaco Husselman (kampioen), Albertus Basson (tweede) en Charles Koster almal weer gereed om hul staal vir die nuwe seisoen te wys.
Horst Becker (2021-kampioen), Petrus Badenhorst (tweede), Zoe Waldschmidt (derde) het in die beginnersafdeling uitgestaan, terwyl ook met die aanslag van Audrey Koster en Dylan Hilfiker rekening gehou moet word.
Daar is ook ’n junior klas vir die jong ryers wat die opwindende sport beoefen. Harry Kibble en Patrick Geiger was van die deelnemers verlede jaar.
Die kampioenskapdatums:
12 Maart, Eros
21 Mei, plaas Aris
11 Junie, plaas Lichtenstein
16 Julie, Uis
13 Augustus, Karibib
10 September, Neu-Heusis
15 Oktober, Itumba
12 November, venue sal bevestig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie