Thatho Bonakoane, die Suid-Afrikaner wat vroeg Desember teen Philippus Nghitumbwa kom boks, met sy WBF-wêreldkampioengordel. Foto Facebook
Thatho Bonakoane, die Suid-Afrikaner wat vroeg Desember teen Philippus Nghitumbwa kom boks, met sy WBF-wêreldkampioengordel. Foto Facebook

Energy-kamp soek nie WBF-wêreldgordel

Boks
Andrew Poolman
Ná ’n teleurstellende uitslag in die Filippyne in Mei vanjaar, is Fillipus Nghitumbwa op die terugkeerpad en het die vakante WBO Afrika superkapokgewiggordel in sy visier.

Die ambisieuse Namibiese bokser sal op 2 Desember by Windhoek Buiteklub in die hoofgeveg hierdie titel wil inpalm om sy naam terug in die gesprek op die wêreldvlak te plaas.

In sy pad staan ’n geharde Suid-Afrikaner, Thatho Bonakoane, die huidige titelhouer van die Wêreldboksfederasie (WBF), met ’n rekord van 15 oorwinnings (9 met uitklophoue), vyf verloor (een keer uitgeslaan) en een gelykop.

Die promotor en hoofafrigter van MTC Sunshine-boksakademie Nestor Tobias sê die WBF-wêreldkampioengordel sal nie op die spel wees nie, want hy en Nghitumbwa stel nie daarin belang nie.

“Die WBO Afrika-titel dra meer gewig en plaas jou in die gesprek op die wêreldvlak, meer as wat met die minder gerekende organisasies se titels die geval is.

“Hierdie geleentheid beteken baie vir Energy en vir die Namibiese nasie aangesien hy ons vaandeldraer en ons toekomstige wêreldkampioen is.

“Hierdie geveg sal baie vermaaklik en propvol aksie wees aangesien albei baie sterk boksers is. Die kanse is goed dat die uitslag ’n uitklophou in die later rondes kan wees.”

Boanokoane, met die bynaam Captain Charisma, het in Oktober verlede jaar ’n ervare Argentynse bokser, Alberto Diego Ruiz (23-5-1), met punte in Gqeberha geklop om die WBF-wêreldtitel syne te maak.

Die 27-jarige Nghitumbwa (12 gewen, 11 uitklophoue, twee nederlae met punte) is optimisties oor sy kanse teen ’n goeie opponent.

“Ek respekteer sy rekord as vegter, maar my droom is om die beste te veg om die beste te word en dis my geleentheid om weer boontoe te klim en ’n uitdaging vir die wêreldtitel te rig,” het die Namibiër gesê.

Gewone toegang sal N$200 beloop en tafels vir tien belangrike gaste met wyn en aandete kos N$20 000.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!