’n Profielfoto in Junie vanjaar kort nadat Patrick Schickerling vir Engeland gekies is. Foto Getty Images
’n Profielfoto in Junie vanjaar kort nadat Patrick Schickerling vir Engeland gekies is. Foto Getty Images

Engeland mag Schickerling eers ná 2023 WB kies

Rugby
Geluk was aan Engeland se kant dat sy rugbyspan nie vir Patrick Schickerling tydens die drie toetse vroeër vanjaar in Australië gebruik het nie, aangesien dit blyk die Namibies gebore vaskopstutvir bykans nóg ’n jaar nie deur verblyf sal kwalifiseer nie.

Die 24-jarige Schickerling het ’n reuse-impak vir Exeter Chiefs gemaak en het aan die einde van verlede seisoen ’n oproep van Engeland se afrigter Eddie Jones verdien.

Hy is daarna ingesluit in die Rose se toergroep na Australië, maar is nie vir enige van die drie toetse gekies nie.

Ook maar goed, want intussen het dit duidelik geword dat hy nie op grond van verblyf gekwalifiseer het soos hyself – en die RFU – destyds gedink het nie.

Geen optrede sal deur Wêreldrugby geneem word nie, aangesien hy steeds nie ’n toetsrugbyspeler is of deur Engeland “vasgeknoop” is nie.

As voorbeeld is Spanje uit volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi geskop nadat hulle ’n onkiesbare speler tydens hul suksesvolle kwalifiserende veldtog ingespan het.

Schickerling het sy eerste Engeland-toer na Australië onderneem en Eddie Jones het groot hoop gehad dat hy ’n impak kon maak – maar hy is nou eers in November 2023 kiesbaar.

In ’n onderhoud in September het die gebore Walvisbaaier aan Sportsmail gesê: “Toe ek in 2018 in Engeland aangekom het, was die reël dat jy in aanmerking kom ná drie jaar van verblyf. Ek het drie jaar onafgebroke in die Verenigde Koninkryk gewoon en ek kon ook nie huis toe gaan nie weens Covid-beperkings.”

Sy verduideliking het gelei tot aansprake dat die verlenging van die vereiste verblyftydperk van drie tot vyf jaar, wat op 1 Januarie in werking getree het, op Schickerling van toepassing was.

Al het hy die verblyfdrempel voor daardie datum bereik, is hy nie in ’n toets ingespan voordat dit verander het nie. Hy moet nou wag tot November volgende jaar – ’n frustrerende terugslag vir Jones, wat Schickerling as ’n toekomstige opvolger vir Kyle Sinckler beskou het.

Volgende jaar se Wêreldbeker in Frankryk word van 8 September tot 28 Oktober gespeel.

– Daily Mail

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!