Enkelinge in hoogste UCI-geselskap

Fietsry
Andrew Poolman
Eden Spangenberg is môre die eerste van agt Namibiese fietsryers wat by die UCI wêreldkampioenskap in Glasgow in aksie sal wees.

Spangenberg, wat in Februarie vanjaar die nasionale kampioenskap se padresies vir junior vroue gewen het, sal môre vir die wêreldkampioenskapsresies aantree. Sy was die afgelope maande een van ’n uitgesoekte groepie ontluikende Afrika-ryers wat ’n oefenkamp in België bygewoon het en sal môre ook as ’n verteenwoordiger van die CAC Horizons Africa-vrouefietsryprojek by die wegspringstreep wees.

• Net 90 van die topgekeurde ryers ter wêreld is Sondag byeen vir die bergfietsmarathon-wêreldkampioenskapsresies vir mans en vroue – beide oor ’n roete van 108 kilometer.

Namibië se Vera Looser is vanjaar uitstekend op dreef in sulke lang afstande – wat ’n oorwinning verlede maand in Duitsland asook ’n brons by haar eerste Wêreldbekerbyeenkoms in Italië ingesluit het. Teoreties, tensy iets skeefloop, is dit dus nie vergesog om haar naam in die moontlike medalje-praatjies te noem nie.

In die mansresies is Alex Miller ook oorgehaal vir ’n goeie vertoning in Skotland, nadat hy die afgelope weke vir ’n vakansie na Namibië teruggekeer het.

By die wêreldkampioenskap sal Miller op 12 Augustus ook in die mans se Olimpiese veldresieskompetisie in aksie wees.

Die ander Namibiërs wat volgende week aan die beurt kom:

10 Augustus – Bergfietsry, Olimpiese veldresies, junior mans: Daniel Hahn en Kevin Lowe.

11 Augustus – Bergfietsry, Olimpiese veldresies, o.23-mans: Hugo Hahn.

13 Augustus – Padfietsry, elite vroue padresies: Monique du Plessis (as lid van die UCI ANOCA-prestasievoorbereidingsprogram) en Melissa Hinz (selfgefinansier en gekwalifiseer deur die Gran Fondo-program).

Die Namibiese Fietsryfederasie het die toer in samewerking met steun van die Rock ’n Rut-bergfietsklub, Cymot, Pupkewitz MegaTech en Hollard Namibia moontlik gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!