Erasmus speler van die reeks
Krieket
Ware krygers, is hoe afrigter Pierre de Bruyn sy span gister beskryf het.
Tielman van Lill
Die Eagles het gister in Port Moresby in hul vierde en laaste internasionale eendagwedstryd (ODI) vir Papoea-Nieu-Guinee met 61 lopies in 43.1 boulbeurte verslaan om onoorwonne huiswaarts te keer van die driehoekige reeks waarvan die VSA ook deel was.
“Wat ’n wonderlike reekssege vir die Eagles. Om vier uit vier teen PNG en die VSA te wen in die moeilikste omstandighede bevestig dat hierdie spelers ware krygers is. Baie geluk aan julle almal. Nou staan ons kop Australië toe vir die (T20) Wêreldbeker,” het afrigter Pierre de Bruyn gister op Instagram verklaar.
Namibië het eerste by Amini-park gekolf en 214 lopies vir agt paaltjies in 50 bb opgestel. Die Barramundis (153 almal in 43.1) het aanvanklik belowend begin en was ná die 30ste bb met 116/6 nege lopies voor die Eagles wat in daardie stadium 107/4 gehad het.
Waar Namibië in die laaste 20 bb met 107 vir die verlies van vier paaltjies kon versnel, het die gasheer binne 13.1 bb vir slegs 37 lopies en hul laaste vier kolwers gevou.
Die Eagles-kaptein, Gerhard Erasmus, is vir sy 49 lopies en drie paaltjies vir 31 lopies as speler van die wedstryd aangewys. Hy is ook die kommentators se speler van die reeks in PNG.
Erasmus het ná die botsing gesê: “Ek was redelik gefrustreerd toe ek op ’n belangrike tydstip en vennootskap uitgehardloop is. Ons wou graag 240 haal om die wenpersentasie te verhoog, maar op die ou end was ons totaal wel genoeg vir ’n oorwinning.
“Dit was ’n taai toer, met baie moeilike weersomstandighede. Maar ons het dit baie geniet en is goeie vriende met die Barramundis. Daar is nie ’n beter plek om te toer as PNG nie. Ons gaan nou lekker braai en mekaar se geselskap geniet.
“Daar is ’n hele klomp ODI’s wat nog vir ons voorlê. Ons het baie tuiswedstryde en ons lot berus in ons eie hande. Ons wil graag van ons huidige posisie aanhou inhaal en onder die toptwee eindig.”
Assad Vala, kaptein van PNG, het gesê: “Ek wil Namibië sterkte toewens vir hul T20 Wêreldbekerveldtog, want hulle verteenwoordig ons ook.”
WEDSTRYD-OPSOMMINGNamibië: 214/8 in 50 bb teen 4.28 lopies per bb (14x4), ekstras 26 (4 loslopies, 4 bylopies, 18 wydlopers), twee vangskote.
PNG: 153 almal uit in 43.1 t 3.54 (9x4), ekstras 22 (1 loslopie, 7 bylopies, 14 wydlopers), 7 vangskote.
KOLWERSEagles: 1 Erasmus (49, 77 balle, 3x4), 2 Nicol Loftie-Eaton (35, 51 b, 3x4), 3 Lo-han Louwrens (34, 50 b, 5x4), 4 Zane Green (31*, 29 b, 1x4).
PNG: 1 Lega Siaka (38, 61 b, 3x4), 2 Hiri Hiri (29, 46 b, 2x4), 3 Charles Amini (22, 39 b, 2x4), 4 Kabua Morea (15*, 39 b, 1x4).
BOULERSEagles: 1 Erasmus (3/31 in 10, 1 leeg teen 3.1), 2 Ruben Trumpelmann (2/22 in 7 @ 3.14), 3 Tangeni Lungameni (2/23 in 5.1 @ 4.45), 4 Jan Frylinck (2/37 in 8 @ 4.62), 5 Bernard Scholtz (1/22 in 10 @ 2.2).
PNG: 1 Kabua Morea (2/38 in 10 @ 3.8), 2 Chad Soper (2/27 in 7 @ 3.85), 3 Assad Vala (1/32 in 8 @ 4), 4 Nosaina Pokana (1/47 in 10, 1 leeg @ 4.7).
Met oortuigende seges teen die VSA en die PNG Barramundis op dié suidsee-eiland, het die Eagles agt broodnodige ligapunte in die Wêreldbeker Liga 2-kompetisie ingesamel.
Al is Namibië ná 22 wedstryde (13 gewen steeds vyfde uit sewe lande op die punteleer, het hulle betekenisvol van 18 tot 26 punte gevorder. Die Eagles is tans net drie punte agter die VSA (in die derde posisie, 32 wedstryde, 13 gewen, 29 punte). Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) is een punt voor in die vierde plek (12 uit 26 gewen, 27 punte).
Die VSA het vier wedstryde in die kompetisie oor, die VAE tien, terwyl Namibië 14 in die spens het om Skotland in te haal en die VAE asook Oman (eerste, 21 uit 36 gewen, 44) verby te steek.
Die Eagles sal ten minste nege van hul laaste 14 kragmetings moet wen om op 44 punte te eindig. Die Eagles se huidige nettolopietempo (0.443) is strate beter as Oman se droewige 0.039.
In November-Desember kom die Eagles in Windhoek teen PNG en die VSA in vier ODI’s te staan. In Februarie is Nepal die aanbieder van die laaste minitoernooi teen Namibië en Skotland.
SO HET EAGLES IN PNG GEVAARKolwers (862 en 215.5 lopies per wedstryd): Erasmus (4 kolfbeurte, 231 lopies), Michael van Lingen (3, 127), Louwrens (4, 124), Stephen Baard (4, 112), Divan la Cock (4, 75), Loftie-Eaton (4, 52), Frylinck (2, 36), Green (1, 31), JJ Smit (1, 29), Scholtz (2, 24), Trumpelmann (3, 20), Picky Ya France (1, 1).
Boulers (35/488 @ 13.94): Scholtz (10/67 @ 6.7), Frylinck (7/87 @ 12.42), Trumpelmann (5/77 @ 15.4), Erasmus (5/108 @ 21.6), Loftie-Eaton (4/73 @ 18.2), Lungameni (4/76 @ 19).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie