Etosha en Mariental reg vir eindstryd se kollig
Klubrugby
Die twee plattelandse klubs het die eindstryd gehaal danksy oorwinnings teen Dolphin en Vipers.
Etosha-rugbyklub van Tsumeb en Mariental-rugbyklub het deurgedring om op 26 Augustus in die eindstryd van die Namibië Rugby-unie (NRU) se eersteliga te speel.
Beide spanne se kapteins – die losskakel Dion Venter van Mariental en die flank Ben Brockman van Etosha – het agterna gesê dit beteken baie vir nie net die rugbyklubs nie, maar ook die groter dorpsgemeenskappe om die eindstryd te haal en die blootstelling op die groter verhoog te kry.
Die noorde- en die suidedorp het in vorige jare beide gedugte spanne opgelewer. Hoewel die finansiële druk van volgehoue kompetisie ook tevore bygedra het dat die klubs vir lang tye doodgeloop het, word opnuut gestreef om ’n oplewing te bewerkstellig.
Mariental het laas Saterdag die eerste halfeindstryd in die Hage Geingob-stadion met 39-36 teen Vipers van Windhoek gewen. Rustyd was die suidespan met 22-10 voor, maar dié voorsprong het vinnig opgedroog met ’n vasberade terugvegpoging deur Vipers.
Vir die wenspan het die heelagter Corné Agenbach, vleuels Jerome Immanuel en Denilson Clarke, die agtsteman en onderkaptein Dano Kotze en die slot Tonny Isaacks drieë gedruk. Hiervan het Venter vier verdoel en met twee strafdoele geslaag.
Mariental het die vorige naweek in sy tuis-kwarteindstryd die 2022-kampioen Sparta met 18-15 uitgeskakel.
DOLPHIN SE WENREKORD VAL
In semifinaal 2 het Etosha die knoop deurgehaak (28-24) teen die vasberade Dolphin-span, wat vanjaar agt uit agt gewen het voor hy Okahandja Highlanders in die kwarteindstryd oorskadu het (34-3).
Etosha, wat rustyd met 17-13 voor was, het drie ligawedstryde verloor, insluitend tuis en weg teen Dolphin.
Op die groot dag was hul oorwinning egter te danke aan hul vasberadenheid, asook die fiksheidswerk wat onder hul afrigter Jacques Turner verrig is.
Twee drieë vir die wenspan is deur buitesenter Divan Steyn (Windhoek Gimnasium se heelagter in 2022, asook vir Namibië o.20 na Kenia vanjaar) gedruk en een deur regtervleuel Corné du Plessis – wat in die tweede helfte saam met sy pa George gespeel het toe dié van die reserwebank af opgestuur is.
Binnesenter Siegfried Potgieter het een strafskop oorgeskop, net oomblikke nadat hy van ’n geelkaart terug op die veld verskyn het. Losskakel George Turner se bydrae was tien punte (twee strafdoele, twee doelskoppe).
Vir Dolphin was die senter Zinzan Steenkamp (tevore Windhoek Affies en Namibië o.20), losskakel Kyle Wentzel (tevore van FNB Kudus) en die agtsteman en kaptein Sean de Klerk van sy belangrike spelers.
Die Swakopmunders se afrigters Hauta Veii, Otto Swarts en Jaco Barnard het ook vanjaar goeie werk verrig. Die klub het in middel Julie ’n tragiese verlies gely toe hul jong losskakel Dirk von Weidts in ’n helikopterongeluk gesterf het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie