Etosha raap titel met min op
Hokkie
Etosha Sekondêre Skool van Tsumeb verdien spesiale melding nadat die skool se seunshokkiespan die afgelope Saterdag in Windhoek die o.19-tweede ligafinaal gewen het.
Die Etosha-seuns was die enigste staatskool van buite die hoofstad in die tweedeligafinale vir meisies óf seuns.
Rustyd was hul telling teen Windhoek Afrikaanse Privaatskool nog 0-0.
Maar in die tweede helfte het die noordespannetjie hul ritme gevind en twee doele geslaan om met 2-0 te seëvier.
Hileni Endjila, ’n onderwyseres by Etosha, is die trotse afrigter van die tweedeligakampioene. Sy self is as oudleerling ’n produk van Etosha en werk die afgelope drie jaar met die geesdriftige groepie spelers.
Sy gee Afrikaans van graad 8 tot 11 en het ook Namibië in graad 11 op die hokkieveld verteenwoordig. By Unam het sy ook hokkie gespeel.
Sy het aan Republikein gesê: “Dit was nou die derde hokkieseisoen wat ek met die seuns gewerk het. Die vorige twee jaar het ons nie aan ’n liga deelgeneem nie.
“Dus was 2023 ’n nuwe hoofstuk vir die seuns.
“Ek het 14 passievolle spelers wat enige iets vir dié sport sal doen. Net ons doelwagter speel nog sokker. Die jongste outjie in die span is 14 en die oudste 19. Ek verloor aan die einde van die jaar vyf skoolverlaters en dan is dit weer soek en delf om ’n span bymekaar te kry.
“Al die seuns is van Etosha, behalwe Dankie Shapwa, hy is in Tsumeb Sekondêre Skool. Ek is regtig baie trots op die seuns en wat hulle vermag het. Hulle is ongelooflik toegewyd en mis nie ’n oefening nie. “Ons het net een wedstryd in die liga gelykop gespeel (1-1) en dit was die eerste kragmeting teen Edugate Akademie van Otjiwarongo. Die res van die vier het ons almal gewen.
“Die laaste ruk kon ons nie gereeld genoeg oefen nie, want die seuns is besig met eksamens. Genadiglik het sake in die eindstryd vir ons uitgewerk om as oorwinnaars uit die stryd te tree.
“Ek het voordat ons Saterdagoggend sesuur vanaf Tsumeb na Windhoek gery het vir die seuns gesê om net hul beste te lewer. Ons het niks om te verloor nie. Doen wat ons oor-en-oor geoefen het en alles sal reg uitwerk.
“Hul dissipline was Saterdag deurslaggewend en die belangrikste faktor.
“Ná Saterdag is die span nog meer gemotiveerd. Ongelukkig is die seisoen iets van die verlede, maar ons sal beslis nog oefen. Hulle was so opgewonde en trots om Saterdagaand die tweede ligatrofee omhoog te lig.
“Baie dankie aan die seuns vir jul toewyding, volharding en geloof in julself. ’n Spesiale woord van dank aan Etosha se personeel, die streekkantoor, mnr. Nico Kaiyamo, en ons plaaslike entrepreneur, Tate Tommy, vir jul ondersteuning.”
Hofeni Haamandike, hul kaptein, sê: “Ons was bestem om te wen. Maar om ’n wenner te wees, moet jy beplan en verwag om te wen. Om te wen, beteken nie alles nie, maar beteken jy het beter as die vorige keer gevaar.”
TOERUSTING
Dit het aan die lig gekom dat die span nie oor genoeg toerusting beskik nie. Daar was skaars genoeg hokkiestokke tussen hulle sodat elke speler op die veld een het. Aan skeenskutte (shin pads), doelwagterhandskoene en gesigmaskers (wanneer spelers vir ’n korthoekie in die doelkas saam met die doelwagter verdedig) is daar ook ’n tekort.
Enige donasies van hokkietoerusting is welkom om die span van die Noorde by te staan.
Vir donasies in Windhoek kan Johan Weyhe by 264 81 128 0323 of [email protected] gekontak word. Hileni is beskikbaar by 264 81 621 4842 in Tsumeb.
Die Etosha-spanlede is Tangi Kangulu (doelwagter), Hofeni Haamandike (kaptein), Simon Haikali, Joy Mutabekwa (onderkaptein), Essiena Nghaalulwa, Hosea Mbandeha, Dankie Shapwa, Matheus Shimbi, Joseph Shipanga, Risto Eliaser, Herman Kamati, Helmut Ekandjo, George Kappa en Samuel Moongela.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie