• Tuisblad
  • Sport
  • Etzebeth se werklading maak Bok-deur vir Salmaan oop
Salmaan Moerat. Foto Twitter (@Springboks)
Salmaan Moerat. Foto Twitter (@Springboks)

Etzebeth se werklading maak Bok-deur vir Salmaan oop

Rugby
Hendrik Cronjé
Die 365 minute se toetsrugby wat Eben Etzebeth vanjaar gespeel het, kan die Springbokke se besluit vergemaklik om meer speelkans aan Salmaan Moerat in die oorblywende Rugbykampioenskap-toetse te gee.

Etzebeth het vanjaar 79 minute se toetsrugby meer as enige ander Springbok-voorspeler gespeel.

Dié slot was ook 42 minute meer as enige SA agterspeler op die veld.

“Die Bokke hou Eben se minute dop,” sê ’n bron naby aan die Bok-kamp.

“Onthou, hy was lank beseer by Toulon. Dit was ook hy wat die Bokke versoek het om hom in die tweede toets teen Wallis te kies toe Jacques Nienaber sy spelers roteer het.

“Eben het die versoek gerig omdat dit moeilik vir sy pa, Harry, is om te reis. Hy wou daarom sy 100ste toets graag in die Kaap speel.”

Teenoor Etzebeth het Moerat vanjaar net 16 minute se toetsrugby agter die blad.

Etzebeth lyk nog nie juis rugbymoeg nie, maar die Bok-bestuurspan beplan volgens Rapport se inligting om verskeie “kreatiewe” spankeuses in die Rugbykampioenskap te maak, met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.

Damian Willemse is volgens die statistikus Russ Petty op 323 minute die Bok wat naas Etzebeth vanjaar die meeste toetsrugby gespeel het.

Damian de Allende, met 320 minute, Makazole Mapimpi (320), Lukhanyo Am (319) en Handré Pollard (313) het ook reeds meer as 300 minute gespeel.

Etzebeth, Pieter-Steph du Toit met 286 minute, Siya Kolisi (261), Lood de Jager (255), Jasper Wiese (244) en Malcolm Marx (209) is die voorspelers wat vanjaar meer as 200 minute se toetsrugby op die klok het.

Frans Steyn, Canan Moodie en Cobus Reinach is die spelers in die toergroep in Australië wat nog nie vanjaar toetsrugby gespeel het nie.

Moerat, Herschel Jantjies, met 14 minute, Elrigh Louw (32), Deon Fourie (33) en Duane Vermeulen (35) is die Bokke wat tans in Australië is en vanjaar minder as 50 minute se toetsrugby gespeel het.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!