Die span atlete op die dag voor hul vertrek na die VSA. Foto MyZone
Die span atlete op die dag voor hul vertrek na die VSA. Foto MyZone

Eugene vreemde grond vir juniors

Atletiek
Tielman Van Lill
Die Athletics Development-klub Namibia is tans met 14 junior atlete in die VSA vir die Nike Outdoor Nationals waar hulle by die Hayward Field-stadion in Eugene, Oregon, aan 27 items sal deelneem.

Die span word deur die Pupkewitz-stigting ondersteun.

Hennie Horn, hoofspringafrigter van Swakopmund en stoere atletiekman, is die dryfveer en brein agter die toer om die juniors ondervinding te laat opdoen.

“Die deelname van ons jong atlete by Hayward Field sal ongelooflik baie vir hulle beteken,” voorspel hy.

“Ons is nie hier om medaljes te wen nie, maar om die kinders se oë oop te maak. Dié tipe ondervinding kan jy nie koop nie.

“Wanneer ’n atleet in Namibië die eerste keer goed vaar, vergeet hulle van die res van die wêreld daar buite en kry grootkop. Hulle besef nie hoe goed die res van die wêreld se atlete is nie. Die oomblik wanneer ons kampioene internasionaal deelneem en verloor, word hulle so ontnugter dat hulle sommer tou opgooi.

“Ons juniors moet blootstelling kry om te sien hoe dinge en oefenmetodes elders werk. Die getalle atlete is so groot en die kompetisie uiters straf, dat die eerste ses atlete in ’n finaal almal medaljes kry.”

Die Namibiese groepie se individuele items:

Magano Naseb (100 m, 200 m, 4x100-aflos).

Walter Geinub (100 m, 200 m, 4x100-aflos).

Jose Kambanzera (100 m, 200 m, 4x100-aflos).

Guanito Noble (100 m, 200 m, 4x100-aflos).

Clemance Mutilifa (100, 200).

Emilio Joseph (100, verspring).

Kayli Nel (100 mh, 400 hekkies).

Benjamin Hendrickse (hoogspring).

Karsten Diergaardt (hoogspring).

Arizhia van der Walt (hoogspring).

Adara Gey van Pittius (hoogspring).

Drihan Smith (gewigstoot, skyfwerp).

Makayla Strauss (skyfwerp).

Gordon Beresford (100 m, verspring).

Die kompetisie sal vannag (Namibiese tyd) begin.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!