Europese brons vir vrouespan

Rolskaatshokkie
Die prestasies van een van Namibië se kleiner spansportkodes verstom vriend en vyand.
Andrew Poolman
Die sportgemeenskap het gister saam met die Namibiese Ys- en Inlynskaatshokkievereniging (NIIHA) feesgevier nadat die senior nasionale vrouespan die bronsmedalje by die Europese kampioenskap in Charleroi, België, ingepalm het.

Die Namibiërs onder kapteinskap van Danielle Dobberstein het Italië in die uitspeelwedstryd vir die derde plek met 4-0 oorskadu – en sodoende behoorlik munt geslaan uit die land se spesiale uitnodiging na die Europese skouspel.

Doele deur Dobberstein, Leighzené Coetzee, Ania Borstlap en Jana Lautenbach het die gemaklike oorwinning verseker, terwyl doelwagter Bridgit Justinussen die ander kant skoon gehou het.

Die Namibiërs het vroeër oorwinnings teen Finland (9-5) en Brittanje (16-1) behaal en hoewel hulle deur Spanje (1-9) geklop is, het hulle nietemin vir die topagt gekwalifiseer.

In die kwarteindstryd het hulle die gasheerland België met 9-2 uitgeskakel, maar is daarna in ’n taai halfeindstryd met 0-2 deur Frankryk gestuit. In die vrouefinaal het Spanje met 1-0 teen Frankryk gewen.

Twee Namibiërs het die toptienlys van voorste doelskieters in die vrouekompetisie gehaal:

3de, Leighzené Coetzee, 10 doele, 4 bydraes tot doele.

6de, Christine Röttcher, 8 doele, 8 bydraes tot doele.

• Gister het Namibië se junior mans ook op ’n positiewe noot afgesluit, deur teen Finland hul uitspeelwedstryd vir die vyfde posisie met 7-4 te beklink.

Op die toptien lys van voorste doelskieters in dié afdeling verskyn die volgende Namibiese name:

3de, James de Jager, 8 doele, 4 bydraes tot doele.

5de, Mati Laporte, 6 doele, 1 bydraes tot doele.

6de, Keanan Simpson, 6 doele, 11 bydraes tot doele.

7de, JW Coetzee, 6 doele, 4 bydraes tot doele.

• Namibië se onder 17 seuns- en junior vrouespanne het ook gister uit Windhoek vertrek vir hul Europese kompetisies wat Woensdag begin. Die junior vroue is die heersende wêreldtitelhouer.

Al NIIHA se toerspanne word deur SPAR Namibia geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!