Falcon se 30 jaar opwindend gevier
Rugby
Twee feeswedstryde tussen FNB Reho Falcon-rugbyspanne teen besoekers uit Suid-Afrika het vir groot opwinding by die Hoërskool Dr. Lemmer se veld gesorg.
Die trotse rugbyklub van Rehoboth het Saterdag ’n groot geleentheid daarvan gemaak om sy 30-jarige bestaan te vier, met sokker, tjokkerrugby en kerkaktiwiteite wat vanaf oggendtyd ’n goeie skare se bywoning help lok het.
Reho Falcon se eerste span het teen die Upington Weermag Collegians se eerste span met 35-26 geseëvier. Falcon het in die NRU premierliga nie ’n goeie wegspring aan die begin van die 2023-seisoen gehad nie, maar het stelselmatig ontwikkel en het op ’n hoë noot geëindig.
In die hoofwedstryd het die Reho Falcon Legends teen Noordwes-Kaap se legendes ’n aanskoulike oorwinning met 43-12 opgestapel, nadat voormalige Namibiese spelers soos Eden Meyer, Ronaldo Pedro, Eben Izaacs, Deon Mouton en Cliff Loubser die toeskouers met spel uit die boonste rakke vermaak het.
Die eindtellings is egter nie as belangrik gereken nie, maar eerder die uitsonderlike belewenis wat vir toeskouers gebied is, veral die klub se aanhangers vir hul ondersteuning deur die jaar te bedank.
Twee van Upington se groot name het kom saam speel, naamlik Christiaan Oor wat in 1971 en Deen Mouton wat in 1967 beide as spelers van Noordwes-Kaap SARU-Springbokkleure verwerf het, onderskeidelik as stut en flank.
Die jonger NWK-Legendes se kaptein, Jesse Clarke se skitterende spel het gesorg dat hy in 1987 vir die SARU Junior Springbokspan gekies was. Die swaargewig haker, Jan Klaaste het die SA Senior Skolespan (SASSSA) in 1987 verteenwoordig.
’n Sterk kameraadskap het tussen die besoekers en die tuisspan geheers. Die goeie gees op en van die veld af en soos gewoonlik die puik ondersteuning van plaaslike rugby liefhebbers het gesorg vir ’n gedenkwaardige viering van drie dekades van Reho Falcon-rugby.
Die besoekende span het vir Darlin Botha geloof wat plaaslik insette gelewer het om die geskiedkundige rugbydag ’n sukses te maak.
Die voorsitter van die Weermag Collegians-rugbyklub, Lukas Esau, het Falcon bedank vir die uitnodiging en sê hy glo die dag kan ’n jaarlikse instelling word.
Ettiene Coetzee, voorsitter van Reho Falcon, stem saam met die idee en sê hulle beoog om volgende jaar in Maart die pad na Upington aan te pak, ter voorbereiding op die nuwe rugbyseisoen in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie