FEI-uitdaging begin vir skouspringers
Perdesport
Die skouspringseisoen skop by die Reiterverein Swakopmund af met die 2022 FEI Wêrelduitdaging se eerste kompetisie môre en Sondag. Altesame 27 Namibiese ruiter-en-perdkombinasies sal teen die hindernisse getoets word, met drie rondtes elk in drie hoogtekategorieë – A (1.20/1.30m), B (1.10/1.20m) en C (1.00/1.10m).
Jenna Gilchrist, wat verlede jaar as 15-jarige die jongste nasionale wenner nóg in die A-kategorie was op haar merrie Fiji du Roset, sal die naweek misloop omdat sy nog van ’n besering herstel. Op die finale wêreldranglys het sy die jaar in die 44ste posisie afgesluit.
Verlede jaar se wenner van die B- en C-kategorie, Detlef Fischer, is op 61 jaar die oudste aktiewe geregistreerde ruiter by die Namibiese Perdesportfederasie. Op sy plaaslik geteelde perde Canecundas Monsun en Canecundas Topolino sal hy die seisoen graag op ’n goeie noot wil begin.
Die perde word vandag om 10:00 geïnspekteer, met ’n opwarmrondte vanaf 14:00, voor die kompetisie môre én Sondagoggend om 08:45 sal begin. Toegang is gratis.
Namibië se tweede FEI Wêrelduitdaagkompetisie word op 20-22 Mei op Swakopmund aangebied, voor die derde been in September by Kapp Stables in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie