Finaliste vir Sporttoekennings bekend
Sportjaar 2022-2023
Gerhard Erasmus, Vera Looser en Ananias Shikongo is die finaliste in die aanloklike kategorie vir sportpresteerder van die jaar.
Die Namibiese Sportkommissie (NSC) het gister sy finaliste bekend gemaak vir die jaarlikse Namibiese Sporttoekennings wat op 28 Oktober by The Dome in Swakopmund aangebied word.
Die spoggeleentheid word deur MTC, Debmarine, Namdia, Standard Bank, Namibia Wildlife Resorts en NamPower geborg en sal regstreeks deur NBC TV gebeeldsend word.
Vir die hoogste toekenning – die individuele sportster van die jaar, waarvan die prysgeld N$200 000 beloop – is die drie finaliste die Paralimpiese naelloper Ananias Shikongo (silwermedalje by die wêreldkampioenskap), die fietsryer Vera Looser asook Gerhard Erasmus, kaptein van die nasionale krieketspan, die Richelieu Eagles.
Wat Namibiese spansporte betref, was die afgelope twaalf maande propvol merkwaardige hoogtepunte.
Erasmus se krieketmanne het by die T20 Wêreldbeker in Australië die aandag op hulle gevestig deur Sri Lanka in hul openingswedstryd te verslaan; Christine Röttcher het as voorste doelskieter in Buenos Aires die junior vroue inlynskaatshokkiespan na die wêreldtitel gelei; by die Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Berlyn het die “verenigde” mansbasketbalspan ’n bronsmedalje gewen; en die nasionale swemspan het 117 medaljes en die trofee as topspan by die Afrika Sone 4-kampioenskap in Angola verower.
Die genoemde vier finaliste vir Span van die Jaar laat nietemin die wenkbroue lig dat die Namibiese manshokkiespan se prestasie (kwarteindrondte van die binnenshuise Wêreldbeker in Kaapstad) nie die paal gehaal het nie. Hul afrigter Trevor Cormack is wel benoem en sal teen Pierre de Bruyn (krieket), Letu Hamhola (Paralimpiese atletiek) en Brian Sobel (inlynskaatshokkie) opgeweeg word.
‘UITGESTAL OP WÊRELDVERHOOG’
Prof. Cilas Wilders, voorsitter van die NSC, het by die geleentheid gesê: “Sport is in enige land die mees afgeskeepte bate wat gesondheid betref. Gelukkig is daar altyd entoesiastiese mense wat dit ’n hupstoot gee. Dis vir my ’n voorreg en eer om vandag hierdie opwindende aankondiging te doen van die finaliste vir die 19de jaarlikse Sporttoekennings te deel.
“Ek wil my opregte dank teenoor die Namibiese sportgemeenskap uitspreek. As voorsitter is ek deel van die proses en die NSC is daartoe verbind om seker te maak dat ons talentvolle en hardwerkende atlete vereer word.
“Ons moet seker maak dat hul harde werk erkenning ontvang soos hulle tereg verdien. Namibië lewer wêreldklas atlete op en hulle het hul talent op die wêreldverhoog uitgestal. Nou is dit weer tyd om ons sportvroue en -manne trots te maak.
“Baie dankie aan ons beoordelaars wat deurgaans die hoogste standaarde en regverdigheid toegepas het. Baie dankie aan elke korporatiewe liggaam wat help verseker dat ons dit kan doen.”
Die beoordelaarspaneel is Lesley Tjiueza (voorsitter), Ilke Platt (ondervoorsitter), Penandino Kandjii (paralimpiese sport), Isack Hamata (sport en joernalistiek), Carlos Kambaekwa (sport en joernalistiek) en Appolos Shimakeleni (regskenner).
FINALISTE
Sportman van die jaar: Gerhard Erasmus (krieket) / Ronan Wantenaar (swem) / Fillemon Nghutenanye (boks) / Veja Hinda (gemengde gevegkuns).
Sportvrou van die jaar: Suzelle Pronk (karate) / Vera Looser (fietsry).
Gestremde sportman van die jaar: Ananias Shikongo (atletiek) / Johannes Nambala (atletiek) / Rodney Stewe (fietsry).
Gestremde sportvrou van die jaar: Caitlyn Botha (Paralimpiese swemmer) / Lahja Ishitile (atletiek) / Louise Sagaria (atletiek).
Junior sportman van die jaar: Alfeus Domini (amateurboks) / Josia Katroli (atletiek, hoogspring) / Kevin Lowe (fietsry).
Junior sportvrou van die jaar: Christine Rottcher (inlynskaatshokkie) / Maja Brinkmann (triathlon) / Nyanyukweni Frans (atletiek).
Junior gestremde sportman van die jaar: Alvin Iita (atletiek) / Jeromuis Rooi (atletiek) / Lowisa Shehama (atletiek).
Junior gestremde sportvrou van die jaar: Lahja Iipinge (atletiek) / Lize Meyer (atletiek) / Martha Nengola (atletiek).
Sportspan van die jaar: Namibië Swemfederasie (CANA Sone 5-span) / Richelieu Eagles (krieket) / Junior vroue-inlynskaatshokkie / Spesiale Olimpiese beweging se nasionale basketbalspan.
Afrigter van die jaar: Brian Sobel (inlynskaatshokkie) / Letu Hamhola (Paralimpiese atletiek) / Pierre de Bruyn (krieket) / Trevor Cormack (hokkie).
Skeidsregter van die jaar: Claus Schumacher (krieket) / Lars Dobberstein (inlynskaatshokkie) / Pieter de la Rey (driekamp).
Ontwikkelingsprogram van die jaar: Ashburton Kwata Minikrieket / BMX Kids on Bike / Physically Active Youth, PAY (fietsry) / Junior Hokkie-inisiatief.
Beste professionele sportfiguur in die buiteland: Gerhard Erasmus (krieket) / Goodwill Khoa (skaak) / Peter Shalulile (sokker).
Sportjoernalis van die jaar, digitaal: Brian Munango (Namibia Media Holdings) / Strauss Lunyangwe (New Era).
Sportjoernalis van die jaar, radio en TV: Michael Ditu (NBC) / Strauss Lunyangwe (One Africa).
Sportjoernalis van die jaar, gedrukte media: Andrew Poolman (Namibia Media Holdings) / Jesse Jackson Kauraisa (Namibia Media Holdings) / Limba Mupetami (Namibia Media Holdings).
Sportfederasie van die jaar: Krieket Namibië / Namibiese Hokkie-unie / Namibiese Triathlonvereniging.
Gemeenskapstoekenning: Delano Muller (skopboks) / Run Alongs (paralimpiese sport) / Physically Active Youth (fietsry) / Namibiese Vlugbalvereniging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie