Mika Pilzer verlede maand by ’n byeenkoms in Egipte. Foto Facebook
Mika Pilzer verlede maand by ’n byeenkoms in Egipte. Foto Facebook

Fittest in the Namib sal vermaak bied

CrossFit
Andrew Poolman
Die maksimum inspanning sal vereis word van die taaiste mededingers met ambisie om vandag en môre as wenners van die Fittest in the Namib-byeenkoms in Swakopmund uit die stryd te tree.

Altesaam 44 spanne en 15 individue het vir die gesogte tweedaagse CrossFit-byeenkoms by die kusdorp ingeskryf, waar aanspraakmakers van klubs van Windhoek en regoor die land verteenwoordig sal word.

Die inspirerende en toeskouervriendelike aard van sulke geleenthede, sowel as die aanmoediging om “die gees” na die puik sportvenues by die Mole en die SFC-klub te bring, sal aan vakansiegangers goeie vermaak verseker.

Saam met die vroeëre King’s War in Windhoek is die Fittest in the Namib een van die mees mededingende jaarlikse byeenkomste in die land.

“Ons het dié keer geen buitelandse inskrywings soos verlede jaar se besoekers op Swakopmund nie, maar die plaaslike inskrywings is steeds goed verteenwoordigend, met ’n goeie vlak van ervaring," sê Patrick de Goede, ’n lid van die reëlingskomitee.

De Goede verwag ’n redelike gelykop kompetisie in die spankategorieë. “Die individuele man wat geklop moet word, kan die 17-jarige Mika Pilzer wees, wat die derde fiksste in Afrika in die tienerafdeling (16-17 jaar) was. Hy het ook verlede maand ’n derde plek in ’n o.21-kompetisie in Egipte behaal.”

In die Meesters- en Skaalafdelings sal minder vaardige atlete toegelaat word om sekere bewegings af te skaal, maar sal dienooreenkomstig op die puntelys afgeskuif word.

FNB Namibia is opnuut die hoofborg, saam met Trans Partners, met Deo Pharma as ’n ondersteunende borg.

Die gesogte pryse wat op wenners wag, insluitend nagte se verblyf by lodges en hotelle, of koopbewyse van toeristebestemmings of ander verskaffers van goedere en dienste, sal mededingers aanspoor om hul beste te lewer.

Organiseerders is opgewonde om vir die eerste keer ’n korporatiewe spankompetisie aan te bied. Dié kompetisie, met net een sessie op elke dag en slegs vir gemengde spanne (twee of vier lede), word nie ten volle as CrossFit beskryf nie en hoewel dit uitdagend sal wees, is die fokus veel meer op die pret, spangees en nat-en-vuil word.

Vrydag by die Mole, toets 1 “Catch a Wave” (10:00-12:00).

Vrydag by die Mole, toets 2 “Cyclone” (13:30-15:25).

Vrydag by SFC-klub, toets 3 “Heavy, Heavy Steel” (17:15-18:41).

Saterdag by SFC-klub, toets 4 “Ball and Biscuit” (08:00-10:40).

Saterdag by SFC-klub, toets 5 “Chihuahua” (11:30-14:25).

Saterdag by SFC-klub, toets 6 “The Final” (16:00-17:17).

Prysuitdeling om 17:45.

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!